“Ons weet nog nie of daar enige oorlewendes is nie. Ons hoop, ons bid, maar ons kan nog niks bevestig nie.”
Alles vir Maandag 29 Oktober 2018
Afrikaprojekte gryp verbeelding aan
Afrika is besig met die implementering van twee omgewingsprojekte: Die skep van ‘n “groen muur” om woestynuitbreiding te bestry, en ‘n verbod op die gebruik van plastieksakke.
Resep: Noedelslaai
Maak nie saak hoe die weer by jou lyk nie, ʼn lekker noedelslaai is altyd ʼn wenner.
Vandag se sportnuus
Die Curriebeker-eindstryd tussen die WP en die Sharks is Saterdag op Nuweland gespeel. Die Sharks het die wedstryd oorheers en met 17 – 12 geseëvier en in krieketnuus het Australië gister teen Pakistan in hul derde T20-wedstryd in Dubai teen mekaar gespeel.
Outeniekwa-pas steeds gesluit, brand woed voort
Stormsterk winde in die omgewing maak dit uiters moeilik om die brand onder beheer te bring en volgens ʼn woordvoerder lyk die situasie “baie sleg”.
ʼn Blink toekoms wink …
Morné van Wyk is Rustenburg se eie Jan Knaphand. Sy hande staan vir niks verkeerd nie: van klankstelsels in motors installeer en voertuie regmaak, tot konstruksiewerk by huise of braaiers bou.
Formule Een: Hamilton wen sy vyfde wêreldtitel in Mexiko
Lewis Hamilton (Mercedes) het verlede jaar sy vierde wêreldkroon in Mexiko gewen en hy het dit wéér op die Hermanos Rodriguez-baan vermag om as wêreldkampioen van 2018 gekroon te word.
MotoGP: Marquez uit; Binder wen in Aus
Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) het die Moto2-wedren gewen.
14 oorledenes al geïdentifiseer ná N4-botsing
“Die nadoodse ondersoek sal na verwagting vandag begin.”
BLF wil parlement toe
Die omstrede organisasie Black First Land First (BLF) het nou nie meer sy visier net op grond nie, maar ook op setels in die parlement.
Een dood, 2 beseer toe motor rol
“ʼn Vrou wat vermoedelik op die agtersitplek van die motor was, het in die ongeluk gesterf.”
Gedagte vir die dag: Berou
Vernuwe my gees. (Psalm 51:12)