“Dit is baie sleg want jy ly klaar ’n finansiële verlies nadat jou motor gesteel is en dan buit iemand wat hom as ʼn polisiebeampte voordoen, mense wat jy vertrou, jou verder uit.”
Alles vir Maandag 29 Oktober 2018
Foto’s: Prinses gee titel prys om vir liefde te trou
Prinses Ayako (28) van Japan het haar titel prysgegee om met die man van haar drome, iemand wat nie koninklike of aristokratiese familiebande het nie, te trou.
George-brande: Munisipaliteit begin inwoners ontruim
Inwoners is verder gewaarsku teen onder meer slange wat uit die woud vlug en moontlik in die dorp kan beland.
Is Damian se beste posisie heelagter?
Die vlugvoetige Damian Willemse se grootste bate is besig om sy grootste las te word.
Helpende Hand wens matrikulante sterkte toe vir eindeksamen
’n Boodskap van bemoediging van Hannes Noëth, besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.
Ongeluk in KZN eis lewe van vier
Twee mans en twee vroue is op die toneel dood verklaar.
Varsgebekkig: Loop saai lensies
“Loop saai lensies!” Dié uitdrukking kan handig te pas kom as jy kinders in die omgewing het
Padtoets: Dié karretjie skitter in sy eenvoud
Suzuki is ʼn handelsmerk wat tans die een toekenning na die ander opraap. Hulle bly getrou aan wat Suzuki goed doen – eenvoudige, klein rygoed.
Woord: spookasem
Die woord van die week is “spookasem”
ANC se hartlande stort in duie
Die uitvoerende provinsiale komitee van die Oos-Kaapse ANC het Maandag 22 Oktober 2018 die party se Nelson Mandelabaai-streek ontbind. Dit was een van drie ander streekliggame van die ANC wat in die Oos-Kaap ontbind is.
Rylopers prop glo man (60) in kattebak, ry vir ure met hom rond
“Toe die verdagtes die polisie gewaar, het hul vinnig weggejaag. ʼn Jaagtog het plaasgevind en die voertuig het in Kaundastraat in Soweto on Sea stilgehou en een van die gewapende verdagtes het uit die voertuig gespring en op die polisie losgebrand.”
Nuuskommentaar: Wat gaan met e-tol gebeur?
Gaan die regering so kort voor ’n verkiesing en te midde van interne teenstand deurdruk om e-tol op te skerp, of gaan dit juis as verkiesingsfoefie dien deur dit nader aan die verkiesing as ’n “daad ter ondersteuning van armes” op te hef?
‘Ballade’ se Meisie verloor stryd teen kanker
“Sy was net ʼn groot siel – amper té groot vir hierdie wêreld.”
Laat ʼn jongmens se droom bewaarheid word
Scimatech, ʼn maatskappy wat die gaping tussen universiteitstudente en die arbeidsmark wil help oorbrug, het jou onderneming se hulp nodig.
Kredietgraderingsagentskappe gooi koue water op Mboweni se toespraak
Oor Ramaphosa se beleggingskonferensie sê Roodt dat dit meer praat as aksie was: “Laat ons sien wanneer die woord by die daad gevoeg word.”
SA steier nader aan ʼn fiskale krisis
In ons voorskou het ons vyf belangrike onderwerpe aan die hand gedoen om op te fokus by beoordeling van die mediumtermynbegroting. Noudat Tito Mboweni, minister van finansies, sy hersiene begrotingsoorsig aan die parlement voorgelê het, is dit tyd om terugskouend na hierdie kernkwessies te kyk:
Kanse op ʼn rentekoersverhoging lyk al sterker
Ekonome meen egter, ondanks die gunstige syfer, die Reserwebank hom gereedmaak om rentekoerse te verhoog. Twee adjunkpresidente, Francois Groepe en Daniel Mminele, het oor die afgelope paar weke gewaarsku dat ’n rentekoersverhoging nou in die bank se radar is.
Kameroen en Paul Biya: Die tragedie van leierskap in Afrika
Kameroen in Wes-Afrika was onlangs weer kortliks in die nuus oor die presidentsverkiesing. Die land is eintlik simptomaties vir wat alles in Afrika verkeerd loop.
Vat jou goed en trek, Ferreira?
Kom ons wees eerlik: Hoeveel mense in Suid-Afrika het nie al daaraan gedink om te emigreer nie? Wie kan hulle kwalik neem?
Miljardêr-eienaar van sokkerklub sterf in heli-ongeluk
Foto’s van die helikopter in vlamme gehul is op sosiale media rondgestuur.