“Hoewel dié kompetisie wonderlike pryse en blootstelling vir die wenner bied, is die hartjie daarvan die netwerkwerkgeleenthede tussen die deelnemers.”
Alles vir Dinsdag 4 Oktober 2022
Aardklop loop uiteindelik weer deur Potch-strate
Die kosstalletjies het onder die prentjiemooi Wilgerbome, so eie aan Potchefstroom, gestaan en het gesorg vir ’n heerlike, rustige feesatmosfeer.
SA20 se begindatum aangekondig
“Die spelers is opgewonde dat hulle hul vaardighede by ʼn groot T20-toernooi in hul agterplaas kan uitstal en wie weet waarheen hierdie pad kan lei.”
Jongeling dryf proppieprojek met sukses
Altesaam 17 behoeftige mense het in die afgelope agt jaar ʼn rolstoel elk geskenk gekry te danke aan ʼn jongeling van George se welwillendheidswerk.
Die selfgemaakte globale energiekrisis
Die langtermynoorsaak van die krisis is hoofsaaklik die Westerse globaliste se fassinasie met sogenaamde groen-energie, wat alle fossielbrandstowwe moet vervang.
Voëlgriep maai onder Boulders-pikkewyne
Die bedreigde seevoëls het “óf gevrek óf die siekte opgedoen en moes van kant gemaak word”.
Man en vrou in huis vermoor
ʼn Man en vrou is Maandagoggend dood in ‘n huis in Hogsback in die Oos-Kaap gevind.
Duitse toeris in Mpumalanga doodgeskiet
Die toeris was glo saam met drie medelandsburgers in ʼn Hyundai H1-bussie op pad na die Mdluli Safari-lodge naby die Krugerwildtuin se Numbi-hek toe hulle deur gewapende mans voorgekeer is.
Sokkertragedie: Tientalle kinders onder slagoffers
Verskeie Indonesiese polisiebeamptes is geskors of word ondersoek oor die stormloop wat die lewe van minstens 125 mense, insluitend tientalle kinders, geëis het ná ʼn sokkerwedstryd.
Herstel van SA toerismebedryf nog té stadig
Sowat 40% minder Europese besoekers reis steeds na Suid-Afrika ná die Covid-19-pandemie en Fedhasa sê die regering moet ontslae raak van onnodige rompslomp om die herstel van die gasvryheidsbedryf te versnel.
Gedagte vir die dag: Ewige redding
Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees. (Psalm 51:12)