Die masjien wat Suid-Afrikaanse motoriste se rybewyskaarte vervaardig, het vir die tweede keer in minder as ʼn jaar opgepak.
Alles vir Donderdag 20 Oktober 2022
Tyd om te betaal vir Brian Molefe
“Molefe het pensioenfondsgeld gesteel. Die hof het dit bevind, en daarom moet hy elke blou sent plus rente terugbetaal.”
Verdagte dood, vrou gewond ná rowers op huis toeslaan
Volgens beskikbare inligting het ʼn aantal gewapende verdagtes toegang tot die huis verkry en die gesin aangehou.
Peuter dood, ma kritiek ná kameelperd hul vertrap
ʼn 16 maande oue dogtertjie is dood en haar ma is kritiek beseer nadat ʼn kameelperd hulle Woensdag in ʼn reservaat in KwaZulu-Natal vertrap het.
Nog onklaar eenhede noodsaak langer beurtkrag
Daar was al 91 dae beurtkrag vanjaar.
Misdadigers op Lesotho-grens al hoe meer ‘selfversekerd’
“Weens die swak vervolging van misdadigers, veral met veediefstal, en die wanfunksionele strafregstelsel in Suid-Afrika word misdaad minder aangemeld en misdadigers op die platteland raak al hoe meer selfversekerd.”
NWU ‘skep illusie’ oor Afrikaans
Betroubare bronne by die NWU het aan Maroela Media gesê streng rasteikens maak dit strategies onmoontlik vir Afrikaans om aan die universiteit te kan voortbestaan.
Gedagte vir die dag: Slaap
Ek sal in vrede gaan lê en slaap, want U alleen, o Here, laat my veilig woon. (Psalm 4:9)