Die minister het gesê hy neem kennis van die uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof en slaan ag daarop. Hy is egter bekommerd oor die manier waarop die hof die saak hanteer het.
Alles vir Sondag 8 Oktober 2023
Jhb-pastoor tydens regstreekse diens doodgeskiet
Pastoor Dwayne Gordon was gasprediker by die Eagles Christian Centre in Newlands, Johannesburg, toe die rowers toegeslaan het.
Vrou gekaap, ontvoer ná transitorooftog
ʼn Multidissiplinêre span is geaktiveer in die soektog na minstens 15 tot 20 verdagtes wat met ʼn onbekende bedrag kontant weggekom het tydens die transitorooftog.
Secunda-vrou het Vuurwapenwet oortree
Die vrou is geïmpliseer deur haar medebeskuldigde wat in hegtenis geneem is op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en dwelmhandel.
Kinnear-sluipmoord: Polisie dryf ‘slinkse toesmeerveldtog’
“Adv. Gerrie Nel wys daarop dat die polisie nie net niks gedoen het om Kinnear se moord te voorkom nie, maar dat daar die afgelope drie jaar ook absoluut niks gedoen is om polisielede verantwoordbaar te hou vir sy moord nie.”
Dodetal ná Afghanistan-aardbewing ‘meer as 1 000’
Die dodetal ná ʼn reeks aardbewings in die weste van Afghanistan het Sondag skerp toegeneem na meer as 1 000 terwyl reddingswerkers nog op soek is na oorlewendes in die puin.
Gholf: Deurdringende reën maak Skotse bane onspeelbaar
Die laaste ronde van die Dunhill Links-gholftoernooi wat op St. Andrews, Kingsbarn en Carnoustie in Skotland beslis word, sal nou eers Maandag gespeel word nadat al drie bane Saterdag onspeelbaar was toe dit die hele dag gereën het.
Proteas laat rekords in Delhi spat
“Daar is baie passie in die span en ons wil bitter graag ons beste in dié toernooi gee,” het Aiden Markam ná sy speler van die wedstryd-vertoning gesê.
Wêreld reageer op Israel/Gaza-oorlog
Verskeie wêreldleiers het reageer ná Hamas se verrassingsaanval op Israel.
Luister: Thys ‘al sittende’ terug op die verhoog met nuwe musiek
“Dit is maar ʼn pad wat ek stap – somtyds kruip – maar ek probeer my bes.”
Nuwe SA skaaphondkampioen gekroon
“Mac het so hard gewerk. Hy het nie ʼn voet verkeerd gesit nie. Ek het skoon hoendervleis gekry toe ek besef wat nou gebeur.”
Regering weet lankal van risiko’s vir voëlgriep
“Die regering weet al van 2017 ons stuur op ʼn krisis af, maar het geen stappe gedoen om dit te verhoed nie.”
Gedagte vir die dag: Goeie raad
“My pinkie is dikker as my pa se middellyf” (2 Kronieke 10:10).