“Dit was ʼn wafferse tuimeltreinrit om tot hier te kom, maar ek is baie dankbaar om in die halfeindstryd te wees.”
Alles vir Vrydag 17 November 2023
Ma tronk toe ná seun onderwyseres skiet
ʼn Ma van Virginië in die VSA is tot tronkstraf gevonnis nadat haar sesjarige seun sy onderwyseres geskiet en ernstig gewond het.
‘Mnr. die president, jy mis die oorlog in jou eie agterplaas’
Nuwe navorsing het bevind die moordsyfer in Suid-Afrika het oor die afgelope dekade geleidelik toegeneem en was in die afgelope boekjaar die hoogste in twee dekades. Volgens Ian Cameron moet pres. Cyril Ramaphosa dus nader aan die huis kyk as hy iemand van “oorlogsmisdade” wil aankla.
Protea-hartseer op Eden Gardens
ʼn Mens hou altyd heimlik duim vas dat dinge anders kan uitdraai, maar oudergewoonte is Wêreldbeker-uitspeelwedstryde die Proteas se achilleshiel.
Parlementêre debat: ‘Kortsigtig om bande met Israel te verbreek’
‘n Mosie deur die EFF vir Suid-Afrika se verbreking van diplomatieke bande met Israel en die sluiting van sy ambassade in die land is gister in die parlement gedebatteer.
Vierde man vas oor aanlyn kinderpornografie
Die 60-jarige man is Donderdag by ʼn woonstel in Umbilo in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.
Gedagte vir die dag: Wees tevrede
Baie min mense is vandag positief, opgewonde en vrolik. Die rede is omdat hulle geluk en vreugde van hulle omstandighede afhang.