Die nuwe I.D. BUZZ-konsepmotor is onlangs in Detroit in die VSA gewys. Volkswagen praat van ʼn reikafstand in die omgewing van 600 km. Dit is voorwaar indrukwekkend vir ʼn elektriese motor, skryf Brendon Staniforth.
Alles deur die skrywer Brendon Staniforth
Maroela Motors-padtoets: Tiguan, amper-amper perfek
So dan en wan kom daar iets besonders. In die geval van die splinternuwe Volkswagen Tiguan, is dít so ʼn “iets”. Neem al jou persepsies oor kompak-sportnutsvoertuie en vergeet daarvan. Dié Tiguan het so pas die reëlboek herskryf.
Maroela Motors-sleeptoets: Mitsubishi Pajero 5-deur 3,2DI-D GLS Legend II
Kort nadat ons met die kortasafstand Pajero in die modder gaan speel het, het die langasafstand Pajero Legend II by die kantoor opgedaag. Ek het toe reeds geweet wat die Pajero se veldryvermoë is, so die volgende stap was om my woonwa te sleep met die Pajero.
Porsche stuur opleidingsprojek van stapel in SA
Drie rolspelers het onlangs ʼn memorandum van verstandhouding onderteken om ʼn projek in Suid-Afrika op die been te bring om vir mense uit voorheen benadeelde omstandighede werkgeleenthede te skep by Porsche of elders in die Volkswagen-groep.
Jurgens maak sy allernuutste Classique en Exclusive bekend
Die huidige Jurgens-reeks is al 14 jaar in Suid-Afrika beskikbaar en is sonder twyfel die markleier in luukse woonwaens. Die nuwe ontwerp stem meer ooreen met die luukste Europese karavane.
Video: Padtoets: Mitsubishi Pajero Legend II SWB
Die motor-wêreld is opgedeel in ʼn paar verskillende genres. Een van dié genres is ʼn klein nismark: die regte, egte 4×4. Hierdie voertuie moet nie verwar word met moderne softroaders nie. Hulle skrik vir byna niks. Dís presies wat die Pajero is, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Mercedes se luukse Maybach-pronkperd bekendgestel
Mercedes het pas op die Amerikaanse Los Angeles-motorskou sy jongste pronkperd, die Maybach S 650, bekendgestel. Slegs 300 eenhede van dié Mercedes-Maybach S 650 Cabriolet sal beskikbaar wees.
Plaaslike bekendstelling: Opgeknapte Toyota Hilux SRX en Fortuner
Die nuwe SRX is tipies Toyota: Goeie waarde en klasleidende werkverrigting, net in ʼn mooier pakkie as die vorige SRX. Die SRX kry nou breëbakwerk soos die duurder Raider-modelle.
Video: Range Rover Sport die meester!
Kon Top Gear se “ou” Stig, Ben Collins, en die Ranger Rover Sport V8 Supercharged die 14,9 km legendariese afdraande skihelling in Mürren, Switserland, baasraak?
Plaaslike bekendstelling: Hyundai Tucson 1.7 Turbodiesel
Maroela Media het onlangs die plaaslike bekendstelling van die nuwe Tucson 1.7 dieselmodel bygewoon. Die nuwe Tucson dra ʼn sekere aantreklike sjarme, met skoon lyne, maar tog nie vervelig nie, skryf Brendon Staniforth.
Maroela Motors-padtoets: Fortuner heeltemal vernuwe
Soos met die Hilux, is die nuwe 2.8 GD-6 dieselenjin van die Hilux ʼn juweel. Stil, sterk en lig op diesel. Menings verskil egter oor die Fortuner se ontwerp, skryf Brendon Staniforth.
Plaaslike bekendstelling: Suzuki Baleno 1,4 GLX handrat
Maroela Media Motors is onlangs genooi om die splinternuwe Suzuki Baleno te gaan toetsbestuur in die Oos-Kaap. Dit is gerusstellend om ʼn motorvervaardiger te sien doen waarmee hulle goed is – Suzuki is bekend vir klein luikrugmotors.
Ford maak pryse van nuwe uitgebreide Everest-reeks bekend
Maroela Media het 5 Oktober berig dat plaaslike produksie van die Ford Everest begin het. Ons kan vandag die individuele modelle se pryse bekendmaak. Die welkome byvoeging van die 2.2 TDCi Duratorq-enjin stel die Everest beskikbaar teen ʼn baie meer bekostigbare prys van R453 900 vir die intreevlak 2.2TDCi XLS 4×2 handrat.
Maroela Motors-padtoets: Hilux is ʼn bielie van ʼn bakkie
Sekere dinge is eg Suid-Afrikaans. Indrukwekkend dat meeste van hierdie intrinsiek Suid-Afrikaanse dinge met B’s begin: boerewors, braaivleis, biltong, bier, brandewyn, bokkies (dames of die diersoort) – en dan bakkies.
[Foto’s] Só lyk Mercedes-Benz se nuwe X-klas
Mercedes-Benz se nuwe X-klas word laat in 2017 wêreldwyd bekendgestel.
Maroela Motors-padtoets: Styl, kwaliteit en ritgehalte in die Renault Kadjar
Die Renault Kadjar is een van die Motor van die jaar-finaliste, en na ʼn week met die Kadjar kan ek maklik sien hoekom, skryf Brendon Staniforth.
Nuwe sportnutsvoertuig in Honda se stal
Honda Suid-Afrika het nog ʼn aanspraakmaker in sy sportnutsreeks bygevoeg.
Maroela Motors-padtoets: Die Mazda2 1.5 DE Hazumi outo beïndruk
ʼn Indrukwekkende balans tussen rygemak en brandstofverbruik met oorgenoeg woema, Só beskryf Brendon Staniforth die Mazda2.
Foton Tunland Granite gaan sy stukkie van die dubbelkajuit mark wegraap
Die Tunland Granite het my regtig beïndruk. Die bakkie bied grootte, spasie en vermoë sonder om vir jou duisende rande uit die sak te jaag aan brandstof, skryf Brendon Staniforth.
Maroela Motors-padtoets: Wind in die hare met die MINI Cooper Convertible Outo
Die MINI Convertible is ʼn baie klein buksie, maar soos ʼn Transformer, met die druk van ʼn knoppie, vou die dak homself mooi op en gaan lê agter op die MINI se stert. As die dak eers oop is, verander die ervaring heeltemal, vertel Brendon Staniforth.