Hier is ‘n lys van bronne wat geraadpleeg is tydens die skryf van sommige stories en tydlyne oor Nelson Mandela.
Alles deur die skrywer Nico
Nelson Mandela oorlede
Oud-president Nelson Mandela is Donderdagaand omstreeks 20:50 in die ouderdom van 95 jaar by sy huis in Houghton, Johannesburg oorlede.
DA-raadslid gepos oor rassisme
Kaapstad se stadsraad het Junade Hoosain, DA-raadslid, uit sy pos verwyder weens rassisme.
Baba-moordenaar skuldig bevind
Christiaan Oldewage is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan die moord op sy drie weke oue stiefseun.
“Ek is nie ʼn monster nie”
Hy is nie die monster wat mense beweer hy is nie en hy het nooit sy vrou of haar drie weke oue baba aangerand nie, het Christiaan Oldewage Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria getuig.
Moordverdagte beweer kapers het haar man vermoor
ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar 60-jarige man laat vermoor het, het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg getuig dat hy deur kapers vermoor is.
Hof hoor oor baba se beserings
ʼn Patoloog het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria getuig oor die afgryslike beserings wat ʼn drie weke oue babaseuntjie opgedoen het voor sy dood. Die baba se stiefpa staan tereg op aanklagte van mishandeling en moord.
Bloulig-saak: Bestuurder gevonnis
Joseph Motsamai Semitjie, lid van die BBP-eenheid van die polisie wat Thomas Ferreira in November 2011 van sy motorfiets afgery het, sal na verwagting vandag in die Krugersdorp-landdroshof gevonnis word.
Verdagte vas oor moord op ouditeur
ʼn Man van Soweto is in hegtenis geneem in verband met die moord op Lawrence Moepi, ʼn forensiese ouditeur.
Man vermoor glo vriendin, baba
Die polisie is op soek na ʼn man wat glo Sondag sy vriendin en hul eenjarige baba in Thabazimbi, Limpopo vermoor het.
Vier dood, talle beseer na trein ontspoor
Minstens vier mense is dood en talle beseer nadat ʼn passasierstrein in New York ontspoor het.
Man vas na hy glo niggie verkrag
ʼn 25-jarige man is in Lichtenburg, Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo sy verstandelik gestremde niggie verkrag het.
19 vas oor dwelms
Negentien mans is in hegtenis geneem nadat ʼn dwelmlaboratorium by ʼn huis in Gillits in KwaZulu-Natal ontdek is.
Baba-oppasser verkrag
ʼn 34-jarige vrou is by haar werksplek in Delareyville, Noordwes verkrag.
Seun sterf na kopskoot oor raserige musiek
’n Afgetrede eiendomsagent het sy voormalige buurman se seun geskiet oor hy glo te hard musiek geluister het, berig Rapport.
SA se rykstes word net ryker
Die gesamentlik rykdom van die 20 rykste mense in Suid-Afrika het met 8,6% gegroei in vergelyking met verlede jaar, berig Sunday Times.
Friends of Zuma Trust moet opdok oor laster
Die hooggeregshof in Kaapstad het beveel dat die Friends of Zuma Trust vir Richard Young, ʼn fluitjieblaser in die wapenskandaal, skadevergoeding moet betaal weens lasterlike uitlatings.
Rupert bied R2,34 miljard vir Caxton aan
Die sakeman Johann Rupert het ʼn aanbod van R2,34 miljard gemaak om ʼn maatskappy te koop wat ʼn groot aandeel in die mediagroep Caxton besit, berig Sunday Times.
Man op borg vermoor glo vrou
ʼn 27-jarige ma van Noordwes is glo deur haar man, wat op borgtog uit was, vermoor.
Mandela-kleinseun van aanranding aangekla
Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mandla, word daarvan aangekla dat hy ʼn onderwyser aangerand het, berig die Sunday Times.