ʼn Onderwyser wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn leerder verkrag het, is borgtog geweier.
Alles deur die skrywer Nico
Geen Nkandla-program, sê e.tv
ʼn Artikel wat beweer dat e.tv ʼn program oor die huisvroue van Nkandla gaan uitsaai is lasterlik, het die kanaal in ʼn verklaring gesê.
Valke maak reuse-dwelmvonds
Die Valke het Woensdag op dwelms met ʼn straatwaarde van R75 miljoen beslag gelê in Kempton Park aan die Oos-Rand.
Bejaarde vrou verkrag
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 78-jarige vrou in Taung, Noordwes.
VF+ hof toe oor e-tol
Die Vryheidsfront Plus het ʼn hofaansoek gebring vir ʼn interdik teen volgende week se implementering van die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.
R16 m. geëis oor borg-glips
ʼn 28-jarige man wat tronk toe gestuur is alhoewel hy borgtog toegestaan is eis R16 miljoen van die minister van justisie.
Uniondale-moord: Verdagte was uit op borg
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 8-jarige meisie verkrag en vermoor het, was uit op borg toe hy glo die misdaad gepleeg het.
‘Kaper’ vra borg
Een van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle op kringtelevisiekamera vasgelê is terwyl hulle ʼn motor in die Johannesburgse middestad kaap sal Maandag om borgtog aansoek doen.
Hof gaan sê oor Krejcir
Die hooggeregshof in Johannesburg sal na verwagting Maandag uitspraak lewer oor of Radovan Krejcir in ʼn hospitaal opgeneem moet word nadat hy glo na sy arrestasie deur polisiebeamptes aangerand is.
Oupa vas oor verkragting
ʼn 77-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy kleinkind verkrag het.
Redakteurs ongeroerd oor Nkandla-foto’s
Die media sal voortgaan om foto’s van president Jacob Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal te publiseer, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) gesê.
Bejaarde vrou se lyk onder swartsakke gevind
Die polisie in die Vrystaat ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 76-jarige vrou dood aangetref is by haar huis in Parys.
Polisiebeamptes vas oor kaping
Twee polisiebeamptes is in Elsburg, Germiston in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vragmotor gekaap en alkohol ter waarde van R2 miljoen gesteel het.
Minstens een dood, talle beseer na winkelsentrum ineenstort
Minstens een persoon is dood en 29 beseer nadat ʼn winkelsentrum wat in aanbou is Dinsdag ineengestort het in Tongaat, noord van Durban.
Eskom verklaar noodtoestand
Eskom het Dinsdag ʼn noodtoestand oor die land se kragtoevoer verklaar en ʼn beroep op verbruikers gedoen om hul elektrisiteitsverbruik erg in te perk.
Joernalis lê klag teen Zuma-beskermingseenheid
ʼn Joernalis van Eyewitness News (EWN) het Maandag ʼn strafregtelike klag teen president Jacob Zuma se BBP-beskermingseenheid aanhangig gemaak.
Man sterf nadat hy glo polisieman vermoor
ʼn Bloemfonteinse man wat glo ʼn polisiebeampte doodgeskiet en ʼn vrou gewond het, is in die hospitaal oorlede nadat hy homself glo geskiet het.
Vier sterf in ongeluk
Vier mense, insluitend ʼn jong seun, is dood en ʼn baba is ernstig beseer toe die motor waarin hulle gery het Sondagaand op die R59 naby Vereeniging omgeslaan het.
Woede oor TV-aanbieder wat leeu jag in SA
ʼn Aanlynpetisie wat die Suid-Afrikaanse regering versoek om Melissa Bachman, ʼn Amerikaanse TV-aanbieder en jagter, te verbied om weer na Suid-Afrika te kom, is reeds deur meer as 77 000 mense onderteken.
Hardloop-legende ernstig beseer in tref-en-trap
Die hardloop-legende Sonja Laxton (65) is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy glo Sondagoggend deur ʼn motor omgery is terwyl sy geoefen het.