ʼn 17-jarige seun is in Ravensmead, Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn onthoofde lyk in ʼn klaskamer by ʼn verlate skool gekry is.
Alles deur die skrywer Nico
Twee dood oor onwettige kragverbindings
Twee mans is doodgeskiet terwyl munisipale beamptes onwettige kragverbindings in ʼn informele nedersetting probeer ontkoppel het, berig die Sunday Tribune.
Rassisme-herrie: Redakteur op verlof
Ferial Haffajee, redakteur van City Press, is tans met verlof te midde van ʼn rassisme-herrie by die koerant, berig die Sunday Independent.
Reënweer veroorsaak chaos op M1
Vyf motors en vier busse was Sondag in ʼn botsing op die M1 in Killarney, Johannesburg betrokke.
Metro se weiering om jammer te sê kos meer as R1 miljoen
Die Ekurhuleni-metro se weiering om ʼn raadslid om verskoning te vra het daartoe gelei dat die metro nou met ʼn rekening van meer as R1 miljoen sit, berig die Sunday Times.
Fiksheid-ondersoek kos belastingbetaler glo meer as R13 miljoen
Die kommissie van ondersoek na die sterftes van agt mense gedurende ʼn fiksheidstoets by die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat (RTI) gaan die belastingbetaler glo meer as R13,3 miljoen uit die sak jaag, berig die Sunday Tribune.
Storie oor lotery-wenkaartjie glo opgemaak
Die 26-jarige man wat beweer het dat sy R33 miljoen-loterykaartjie deur mans in polisie-uniforms gesteel is, het glo die storie opgemaak berig die Sunday Tribune.
Eerste burger en adjunk het 16 lyfwagte
ʼn Burgemeester van KwaZulu-Natal en sy adjunk het sedert 2008 ʼn totaal van 16 lyfwagte tussen die twee van hulle teen ʼn koste van meer as R1,2 miljoen per jaar, berig die Sunday Tribune.
Babas in veld gevind
Twee pasgebore babas, vermoedelik ʼn tweeling, is Saterdag in ʼn stuk veld in Nooitgedacht, Muldersdrift gekry.
Sewe sterf in Vereeniging-botsing
Sewe mans is Saterdagmiddag dood in ʼn botsing reg van voor op die R82 in Vereeniging.
Kindermoord: Hoofverdagte vas
Die hoofverdagte in die moord op en verkragting van twee kleuters van Diepsloot in die noorde van Johannesburg, is Vrydagoggend in hegtenis geneem.
Kindermoorde: Verdagtes in hof
Vier mans en ʼn ma sal Vrydag in verskillende howe in Gauteng verskyn in verband met die twee dubbele kindermoorde van die afgelope week.
Ma skuldig aan moord op baba
ʼn Ma is Donderdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op haar pasgebore babaseun.
Kindermoord: Ma se weergawe bevraagteken
Die polisie sê daar is moontlike teenstrydighede in die ma, wie se twee kleuters Woensdag dood in ʼn veld gevind is, se weergawe van die gebeure.
Polisieman vas na hy glo dogter verkrag
ʼn Polisiebeampte van KwaMashu, KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo een van sy dogters verkrag en ʼn ander een seksueel aangerand het.
Outa, Cosatu se e-tol-beroep ‘ondermyn’ grondwet
Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) en die vakverbond Cosatu se beroep op motoriste in Gauteng om nie vir e-tol te betaal nie “ondermyn” die land se grondwet.
Egpaar dood gevind
ʼn Egpaar is Dinsdag dood aangetref in hul huis in Fichardt Park in Bloemfontein in die Vrystaat.
Sondag moet jammer sê vir Scott
Die Sondag-koerant moet die radio-omroeper Darren Scott om verskoning vra oor ʼn artikel wat hulle vroeër vanjaar gepubliseer het.
Man vas ná tref-en-trap
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo verlede maand ʼn verkeersbeampte in Durban, KwaZulu-Natal doodgery het.
20-jarige vas oor vier moorde
ʼn 20-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moorde op vier vroue in Hazyview, Mpumalanga.