Die bestuurder van ʼn Mercedes Benz het Sondagoggend beheer oor sy motor verloor waarna dit verskeie gerol het terwyl hy glo van die polisie probeer wegjaag het.
Alles deur die skrywer Nico
Nóg bewerings teen Phiyega
The Sunday Independent berig vandag dat opgeneemde telefoongesprekke tussen die nasionale polisiehoof Riah Phiyega en ʼn provinsiale polisiekommissaris aan die lig gekom het waarin sy hom glo ingelig het dat hy ondersoek word.
‘R29 miljoen ingesamel op ANC-gholfdag’
Leiers van die ANC in Gauteng het meer as R29 miljoen ingesamel vir die party se verkiesingsveldtog tydens ʼn enkele gholfdag, berig die City Press.
Koper kan glo nie Malema-huis betaal nie
Die koper van Julius Malema se luukse huis in Sandown, Johannesburg wou nie kommentaar lewer op berigte dat hy glo nie die huis kan bekostig nie, berig die Sunday Times.
Polisie op soek na Fourways-skieter
Die polisie is op soek na ʼn man wat glo betrokke was by ʼn skietery buite ʼn kuierplek in Fourways, noord van Johannesburg, waarin een persoon dood en twee ander beseer is.
Agliotti skei glo om bates te versteek
Die veroordeelde dwelmhandelaar Glen Agliotti het glo van sy vrou geskei om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te verhoed om volle toegang tot al sy bates te kry, berig die Sunday Independent.
Ses sterf in Ermelo-botsing
Ses mense is Saterdagaand dood na ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn vragmotor in Ermelo, Mpumalanga.
‘Meer kinders word deur hul ma’s vermoor’
Die polisie sê daar is ʼn tendens waar meer kinders deur hul ma’s vermoor word, berig die Sunday Times.
Verwydering van leeu-plakkate was ‘ongrondwetlik’
Die hooggeregshof in Johannesburg het beveel dat die Lughawensmaatskappy (Acsa) en Primedia ongrondwetlik opgetree het deur ‘n advertensieveldtog op die O.R. Tambo-lughawe te sensureer.
Soldaat tronk toe oor moorde
ʼn Soldaat is in die rondgaande hof in Bethlehem tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy twee van sy kollegas doodgeskiet het.
Woef verloor 25kg en wen kompetisie
Hector, ’n vierjarige Rottweiler van Pretoria, is die wenner van vanjaar se Hill’s Pet Slimmer of the Year-kompetisie nadat hy reeds meer as 25kg verloor het.
Man dood gevind by skool
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat die liggaam van ʼn 22-jarige man op die sportveld van ʼn hoërskool in Bonteheuwel in Kaapstad gekry is.
Reuse-soektog na verdagte uit hof ontsnap
ʼn Reuse-soektog is van stapel gestuur nadat ʼn man uit polisie-aanhouding ontsnap het nadat hy in die Palm Ridge-landdroshof verskyn het.
Phiyega gekap oor nog ‘n aanstellingsflater
Teenstrydighede in die kwalifikasies van die waarnemende hoof van misdaadintelligensie, Chris Ngcobo, is nog ’n blaps deur polisiebestuur, het die DA Dinsdag gesê.
Polisieman skiet gesin, pleeg selfmoord
ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte het glo sy vrou, hul twee kinders en nog ʼn vrou doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.
Pa, seun vas na gyselaarsdrama
ʼn Pa en seun is in hegtenis geneem nadat hulle Maandag personeel by ʼn apteek in Port Elizabeth gyselaar gehou het en vir hulp gevra het om selfmoord te pleeg.
Kindermoord: Verdagte in hof
ʼn 29-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy twee kleuters van Diepsloot in die noorde van Johannesburg verkrag en vermoor het, sal Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Tiener vas oor onthoofde lyk
ʼn 17-jarige seun is in Ravensmead, Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn onthoofde lyk in ʼn klaskamer by ʼn verlate skool gekry is.
Twee dood oor onwettige kragverbindings
Twee mans is doodgeskiet terwyl munisipale beamptes onwettige kragverbindings in ʼn informele nedersetting probeer ontkoppel het, berig die Sunday Tribune.
Rassisme-herrie: Redakteur op verlof
Ferial Haffajee, redakteur van City Press, is tans met verlof te midde van ʼn rassisme-herrie by die koerant, berig die Sunday Independent.