Die Universiteit van die Witwatersrand het Dinsdag gesê weerlig speel ʼn groot rol in die vorming van berglandskappe in Suider-Afrika.
Lees meerAlles vir Dinsdag 15 Oktober 2013
Shaik ontken hy het joggie aangerand
Veroordeelde bedrieër Schabir Shaik het ontken dat hy ʼn joggie by ʼn gholfbaan in Durban verbaal geteister en aangerand het.
Talle polisiebeamptes pleeg selfmoord
Die aantal voorvalle van selfmoord onder polisiebeamptes skets ʼn donker prentjie, het Nathi Mthethwa, minister van die polisie, Dinsdag gesê.
Polisie skiet vermeende dief dood
Polisiebeamptes het ʼn vermeende dief Dinsdag in Orlando East, Soweto, doodgeskiet toe hy ʼn vuurwapen op hulle gerig het.
Anene Booysen: Beserings glo die ergste wat dokter ooit gesien het
Anene Booysen se beserings was die ergste wat die dokter, wat haar ná haar aanval behandel het, nog ooit gesien het.
Swendelaars steel bejaardes se toelaes
Meer as 30 bejaardes is in Pretoria van hul welsynstoelaag beroof deur mense wat hulself as beamptes van Sassa voorgedoen het.
Hooggeregshof verwerp pleitooreenkoms van pa wat baba vermoor
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag ‘n voorgestelde vonnis vir John Hendricks, ‘n pa wat sy tweejarige kleuter vermoor het, as “te toegeeflik” verwerp.
Video: “Ek moet ‘n SA-burger wees” – Oprah
Die koningin van TV-geselsprogramme, Oprah Winfrey, is weer in Suid-Afrika. En dié keer is sy op ‘n missie om plaaslike vroue te bemagtig.
Daling in petrolprys verwag
Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Dinsdag gesê vooruitsigte lyk goed vir ‘n verdere daling in die petrolprys aan die begin van November.
Video: Gesin van 6 kry vyfling
Evonne en Deon Derrico van Nevada in Amerika wou nog altyd ‘n groot gesin gehad het, en dit het nou vinniger gebeur as wat hulle verwag het.
Partye verskil oor nuwe munisipaliteite
Politieke partye het Dinsdag verskillende reaksies getoon op die voorgestelde samesmelting van die Midvaal- en Emfuleni plaaslike munisipaliteite met die Sedibeng-distriksmunisipaliteit om ‘n enkele metropolitaanse munisipaliteit te vorm.
Swanger vrou sterf in Durban-ongeluk
‘n 35-jarige swanger vrou is Dinsdag dood nadat haar voertuig op die N2-snelweg noord van Durban omgeslaan het.
Air India: Wurms op sy toebroodjie
Air India het Dinsdag gesê hy sal ondersoek instel nadat ‘n passasier op een van sy vlugte glo wurms in sy toebroodjie gekry het.
Nuwe munisipaliteite ondanks duisende se beswaar
Die landskap van Suid-Afrikaanse munisipaliteite sal ná die 2016-verkiesing baie anders lyk, het die munisipale afbakeningsraad Dinsdag gesê.
Man wou glo dwelms skenk aan vloedslagoffers
ʼn Man wat glo onder die invloed van dwelmmiddels was, is in hegtenis geneem nadat hy glo metamfetamien-tablette by ʼn verligtingsentrum aan vloedslagoffers in Thailand wou skenk.
Man vas ná hy glo boetebessie doodry
ʼn 24-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn boetebessie op die N2 in KwaZulu-Natal doodgery het.
Twee vas vir Clarens-moord
Twee mans is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op Daan Wybenga, ʼn afgetrede akademikus van Clarens in die Vrystaat.
Oupa met Alzheimer’s word vermis
Kobus Kapp, ʼn 75-jarige man van Pretoria wat aan erge Alzheimer se siekte ly, word sedert Sondag vermis.
Borgtog-versoek om seks te hê
Gareth de Nysschen, een van die mans wat daarvan beskuldig word dat hy militêre ammunisie gesteel en verkoop het, het versoek dat sy borgvoorwaardes verslap word sodat hy seks kan hê met sy meisie.
Bloulig-skietery: Lyfwagte vas vir poging tot moord
Twee lyfwagte van ʼn burgemeester het in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.