Maroela Media se 10 gewildste goeienuus-artikels vir 2023

Hierdie 10 artikels is in 2023 die meeste gelees op Maroela Media se goeienuus-portaal.

  1. Jong man groet sosiale media: ‘Dit was ’n verslawing’

Johan (Bardie) Badenhorst (32) van Quberha (Port Elizabeth) het besluit om sy rug op alle sosialemediaplatforms te draai toe hy besef het sy geesteswelstand ly onder die hoeveelheid tyd en moeite wat hy daarop spandeer.

(Foto: Verskaf)

  1. Laerskoolmeisie wil stigma oor menstruasie hokslaan

Menstruasie is steeds vir baie meisies ʼn ongemaklike of taboe onderwerp, maar die 11-jarige Caylene Beck van Springs het besluit om die stigma oor die onderwerp by haar skool te takel.

Caylene en haar ouma het 85 sakkies gemaak. (Foto: Verskaf)

  1. Vrou vind genesing ná seerkry

“Jy weet nie met wie dit gebeur nie. Van buite af lyk die prentjie perfek.”

Nerine Vermeulen. (Foto: verskaf)

  1. Weldoeners reël troue vir paartjie wat 13 jaar wag

“Herman en Antoinetta se verhaal is een wat baie mense geraak het en die Voortrekkermonument is werklik trots om deel te kon hê daaraan.”

Weldoeners het gehelp om Herman du Plooy en sy bruid, Antoinetta, se droomtroue te reël. (Foto: Verskaf)

  1. ‘Ek lewe danksy jou’ is dié Karoogetuienis

Die boervrou sien haar moeë man. Die man wat vanuit die onblusbare hitte en meedoënlose droogte by die huis instap. Nóg dooie lammers. Nóg meer diere wat net eenvoudig nie produseer nie.

Annelise Olivier Obermeyer, een van die Sutherland-boervroue deel van Save the sheep. (Foto: Save the sheep/Facebook)

  1. Suid-Koreaner steel harte met skreeusnaakse Afrikaanse video’s

Dit is min dat drie uiteenlopende tale soos Koreaans, Engels én Afrikaans byna ewe maklik van dieselfde tong af kan rol.

Min-Jae Cho by sy huis in die Kaap. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

  1. AfriForum Teater bewaarheid Egoli-akteur se KKNK-droom

Die akteur Hennie Smit se droom om vir “oulaas” die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) voor sy 80ste verjaarsdag by te woon, is danksy die hulp van die AfriForum Teater in Pretoria bewaarheid.

Carien Bloem, bestuurder van die AfriForum Teater, Estel de Beer, die teater se inhoudsformuleerder en Hennie Smit. (Foto: Verskaf)

  1. ‘Dís hoe borskanker regtig lyk’ wys Kaapse sakevrou

“Om iets te sugarcoat gaan na ʼn ruk gate in jou tande los. Partykeer het ʼn mens nodig dat iemand die waarheid ook vertel.”

Lené Heck, ‘n sakevrou en kankervegter, deel graag eerlike boodskappe en foto’s van haar stryd. (Foto: Facebook/ Lené Heck)

  1. Getooi in droomrok van gehekelde blomme

Malincke Botha van Hoër Volkskool Potchefstroom se matriekafskeidrok is voorwaar ʼn unieke rok, getooi in kleur en blomme – en dit alles met liefde en hande saamgevoeg.

(Foto: Verskaf)

  1. Swartlandse planmakers verseker hul eie inkomste

Hoe gemaak as jy en jou vrou werkloos is, julle in ʼn klein plattelandse dorpie woon waar werkgeleenthede skaarser as hoendertande is en jul bankrekening wys nul?

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.