ʼn Nuwe skoonheidsalon het pas sy deure oopgemaak by Menlyn Maine in Pretoria. Tenfold fokus nie net op skoonheid nie, maar doen dit met ʼn natuurlike inslag.
Wys daardie prys!
Met die Kersseisoen op hande en verbruikers wat vervaard inkopies doen, is dit belangrik om te weet hoeveel alles kos.
Skei maak seer: ’n Egskeiding is die dood van ’n gesin
Dis ’n onmiddellike gewaarwording, nou sal ons vir die res van ons lewe nooit weer saam vakansie hou of saam TV kyk nie. Nou fokus ek op my kinders.
Gedagte vir die dag: Die Woord gee lewe aan almal
Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees … (Jesaja 55:10-11)
ToekomsVenster: Daar’s niks wat my God nie kan doen
Ons kinders sing: My God is so groot, so sterk en so magtig. Daar’s niks wat my God nie kan doen!
Goeie nuus vir Aardklop
Alexa Strachan, feesbestuurder, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die fees sal volgens die unieke model waarmee hy binne ʼn rekordtydperk beslag gekry het, bly voortbestaan.
‘n Oscar wink vir ‘Noem my Skollie’
“Van die begin af het sy storie my geboei asook sy vermoë om ʼn gehoor se aandag te behou op ʼn outentieke en verfrissende manier.”
Gedagte vir die dag: Skakel jou probleme oor in Bybelverse
Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond. U bevele gee my insig, daarom haat ek elke verkeerde pad. U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. (Psalm 119:103-105)
ToekomsVenster: Vriende, broers, kollegas en medewerkers van die lewende Christus
Dis ʼn pragtige gebed van afhanklikheid en aangewesenheid op die God van die Bybel. Nuwe-Testamenties is ons nie meer slawe nie maar vriende, broers, kollegas en medewerkers van die lewende Christus wat onder en deur ons teenwoordig en werksaam is. Dit getuig van ʼn gewilligheid om deur Hom geleer en begelei te word.
Skooltassieprojek: Bybelskenkings van oral
Die Skenk ’n Boek-liefdadigheidsprojek het vanjaar al byna 4 000 Kinderbybels ten bate van Helpende Hand se Skooltassieprojek ingesamel.
[Video] Almal gaande oor Puk-prof in die fontein
Wat is die kenmerke van ʼn ware leier? As dié kriteria onder meer insluit om saam met studente van die NWU-Puk in die befaamde fontein van dié universiteit, die Calvyn voor die hoofgebou, te swem, het die rektor, prof. Fika Janse van Rensburg, ʼn wenresep beet.
Gedagte vir die dag: God hou jou in die oog
Die HERE sê: “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, my oog sal op jou wees.” Onfeilbare liefde omring húlle wat op die HERE vertrou. (Psalm 32:8, 10, NLV)
Dié prag natuurfoto’s wen
SANParke het die wenners aangewys in sy jaarlikse fotokompetisie
ToekomsVenster: Geloofsverkeer met medegelowiges
Die beginsel in hierdie vers is eerder die belangrikheid van geloofsverkeer met medegelowiges, saam besig om aan die Koning van die konings eer en lof te bring.
Oudste vrou ter wêreld vier verjaardag
Morano, van Pallanza in die noordweste van Italië, is volgens rekords die enigste lewende mens wie se leeftydperk oor drie eeue, die 19e-, 20ste en 21ste eeu, strek.
[Foto’s] Buffelsfontein Baard-olie oorweldig deur belewenis
Ná vyf dae en ʼn tog van meer as 500 km deur die Vrystaat, is die Tastrap-span terug in Pretoria. Dié tog, wat op 21 November 2016 begin het, was daarop gemik om die publiek in te lig oor Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek.
Die oop waters én teater met vierde Oppiwater Kunstefees
Wat kan ʼn hart nou meer begeer as die oop waters en teater? RSG en Lefra-produksies bied binnekort die vierde Oppiwater Kunstefees aan en bring van die beste verhoogproduksies aan boord die luukse MSC Sinfonia-reisboot tussen 30 April en 5 Mei.
ʼn Allemintige R8,4 miljoen vir welsynsorganisasies ingesamel
Tekkie Tax vier om twee redes fees hierdie November!
BMW se Pure and Crafted-fees: Maak ʼn kopskuif oor motorfietsry!
Die tema by die Motorrad-dae was nog altyd Bavaria, die tuiste van BMW. Vanjaar is besluit om ʼn bykomende geleentheid te skep, en die doel van Pure and Crafted is om meer mense te lok wat nie noodwendig motorfietsryers is nie.
Wen ‘n les uit elke verloorslag
Ernst se verlies het hom eintlik soveel laat wen in die lewe. En so is daar vir elkeen van ons iets te wen uit elke verloorslag.