Julle geloof sal meebring dat julle leefstyl goed is. ’n Goeie leefstyl bring mee dat jy God beter leer ken. As ’n mens God ken, kan jy jouself dissiplineer. Selfdissipline bring mee dat ’n mens kan uithou en aanhou. (2 Petrus 1:5-6)
ToekomsVenster: Wie gaan leiding neem?
Hemelse Vader, ons bid vandag vir ’n geslag leiers wat volgens U wil en U hart sal lewe.
Gedagte vir die dag: Alles
Jesus het gesê: “Menslik gesproke is dit onmoontlik. Maar by God is alles moontlik!” (Matteus 19:26)
ToekomsVenster: Die dominee se belydenis
O Here, maak ons die sout van die aarde en ʼn lig vir die wêreld!
Gedagte vir die dag: Oggend
Vul ons met u genade in die oggend, dan sing ons van vreugde al ons dae. (Psalm 90:14)
Gedagte vir die dag: Vra raad
Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. (Spreuke 19:20)
Gedagte vir die dag: Hy is by jou
Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie. (Deuteronomium 31:8)
ToekomsVenster: Vierdubbel terug
Hemelse Vader, ons land en sy mense het herstel nodig.
Gedagte vir die dag: Alles
Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang! (2 Petrus 1:3)
ToekomsVenster: Laat die reg aanrol soos watergolwe
Ons bid dat die reg in Suid-Afrika sal aanrol soos watergolwe en geregtigheid soos ʼn standhoudende stroom.
Gedagte vir die dag: Leer ons om lief te hê
Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle. (1 Johannes 4:16)
ToekomsVenster: Omhels mekaar
Hemelse Vader, help my om te omhels – en maak my ook gewillig om omhels te word. Dis nie altyd maklik nie, maar U kan my op die pad na ander begelei.
Gedagte vir die dag: Vertrou. Woon. Geniet!
Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veiligheid. (Psalm 37:3)
ToekomsVenster: Praat met mekaar
Gee my ʼn oop gemoed en ʼn hart wat gewillig is om te luister. Help ons om mekaar raak te sien en raak te hoor. Help ons om mekaar te verstaan.
Gedagte vir die dag: God is vir jou!
Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (Filippense 4:19)
ToekomsVenster: Swaarde word ploegskare
O Here ons God, ek bid vir Suid-Afrika en sy mense – vir ons almal saam; die politieke leiers, die amptenare, die besigheidsmense, die rykes en die armes, die pa’s en ma’s, die kinders, die studente in die strate; almal saam. Gee dat ons swaarde gesmelt sal word in ploegskare en ons spiese in snoeiskêre. Gee ons U vrede!
Gedagte vir die dag: Gee die leisels oor
Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom. Moenie die mens beny wat op sý manier floreer, of jou verknies oor sy bose planne nie. (Psalm 37:7)
Gedagte vir die dag: ’n Nuwe skepping
Iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! (2 Korintiërs 5:17)
Gedagte vir die dag: Aan ander
Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen. (Lukas 6:31)
ToekomsVenster: Die grootste van alles, die liefde
O Here, vul my met U liefde! Help my om die liefde wat ek so kwistig van U ontvang, te weerkaats na ander.