Bernard K Hellberg meen ons toekoms as ‘n voertuig-uitvoerland is op die spel weens die drie weke-lange staking in die voertuigvervaardigingsbedryf.
Foto’s: Enkele hoogtepunte uit die Frankfurt-motorskou
Daar is geen twyfel nie dat vanjaar se 65e IAA (Internationale Automobilausstellung) motorskou in Frankfurt veral onthou sal word vir die bekendstelling van die sensasionele Porsche 918 Spyder.
Puik gehalte – teen ‘n prys
By die eerste aanblik lyk Porsche se vierdeur Panamera soos ‘n worshond op ‘n skaatsplank – die ene lang lyf en vier pootjies wat steun bied. Maar foto’s en ‘n sy-aansig kan bedrieglik wees. Staan gerus nader en beskou hierdie gespierde luuksheid wat as vervoermiddel vir die superrykes sonder weerga is.
Nuwe gesigte en kragbronne vir Mitsubishi Triton-reeks
Mitsubishi se Triton-dubbelkajuit- en Club Cab-modelreekse is pas verfris met enjinopgraderings, nuwe stilering binne en buite, en verbeterde spesifikasies.
Mites rondom die Duitse Autobahn-padstelsel
Daar word dikwels beweer dat Nazi-diktator Adolf Hitler vir die bou van die Duitse Autobahn-padstelsel verantwoordelik was.
Hierdie bakkies verkoop die meeste
Suid-Afrika se Groot Vyf wat bakkieverkope betref, spook steeds genadeloos sake uit met die verwagting dat die onlangse staking in die motorbedryf groot skade ten opsigte van September se verkope gaan aanrig.
Mitsubishi Pajero Sport loer vir Fortuner
Met die jongste verfrissing van sy 4×4 Pajero Sport sit Mitsubishi Motors SA sy strategie van die aanbieding van uitstekende waarde vir geld in sy voertuigreeks voort.
Peugeot 208 GTi en Porsche Cayman S getoets
Maroela Media-motors het onlangs twee motors opeenvolgend as toetsvoertuie gehad – en hier is die gevolgtrekkings.
Gewildste motors op die pad
Bernard Hellberg ondersoek die motorverkope vir Augustus
Mercedes-Benz A45 AMG
Die Mercedes-Benz A45 AMG se 0-100 km versnelling is 4.6 sekondes. Dis die soort syfers waar net die grootmenere soos Porsche en Ferrari saamgesels.
Nissan probeer hard met sy nuwe Sentra
Bernard Hellberg reken die nuwe Nissan Sentra is goeie waarde vir geld en uiters gemaklik vir bestuurder en passasiers.
Afrikaans en Land Rover nou maatjies
Jaguar/Land Rover SA het onlangs erkenning gegee aan sy groot Afrikaanssprekende klantebasis deur as voertuigverskaffers op te tree vir die reeks “Afrikaans is Groot”-konserte wat binnekort in Pretoria en Kaapstad gehou gaan word.
Nuwe Opel op pad
Goeie nuus vir Opel-liefhebbers is dat General Motors eersdaags die jongste geslag Opel Astra sedan in ons land gaan verwelkom.
Volvo nóg veiliger
Bernard Hellberg bespreek die veiligheidskenmerke aan die nuwe Volvo 60-reeks.
Nissan Almera dramaties beter
‘n Mens kry amper die gevoel die Nissan Almera was maar nog altyd deel van ons motorbedryf – so amper iets soos die vaal BSc-niggietjie met die dik brillense.
Video: 102-jarige ry nog met haar 80-jarige motortjie rond
Die 102-jarige Margaret Dunning van Plymouth, Michigan, ry nog steeds met ʼn motor wat sy in 1949 aangeskaf het.