Gemeet teenoor Maart 2013 het voertuigverkope vir Maart 2014 redelik stabiliseer. Lees gerus Bernard K Hellberg se artikel om te lees watter motors die beste in die mark gevaar het.
Komeet wat rakelings by Mars gaan verbyskuur skep afwagting en kommer
‘n Baie aktiewe komeet gaan op 14 Oktober vanjaar rakelings by Mars verbyskuur, en ‘n seldsame geleentheid bied vir waarnemings deur ruimtetuie wat om die planeet wentel.
Padindrukke: Toyota Corolla 1,6 Prestige
Toyota het verlede jaar tydens die Johannesburgse Internasionale Motorskou die 11de generasie Corolla aan die publiek gewys. Die model wat die beste behoort te verkoop, is die 1,6 Prestige, en dit is die model wat Daantjie Badenhorst vir ‘n toetsrit geneem het.
Motornuus: Ford Focus gou opgekikker
Hoewel die Ford Focus tans die wêreld se topverkoper is, is hy nie so gewild in Suid-Afrika soos in ander dele van die wêreld nie. Dit kan egter voor die einde van die jaar verander wanneer die opgekikkerde weergawe van die huidige Focus hier bekendgestel word.
Padindrukke: Kia Cerato Koup 1,6 T-GDI Outomaties
Tydens verlede jaar se Johannesburgse Internasionale Motorskou het Kia die Suid-Afrikaanse publiek ‘n voorsmakie van die nuwe Cerato Koup gegee, en hierdie model is intussen in Suid-Afrika bekend gestel. Daantjie Badenhorst het die outomatiese model vir ‘n toetsrit geneem.
Wetgewing wat rook beperk positief vir kindergesondheid
Wetgewing wat beperkings op rook plaas, soos ‘n rookverbod in openbare geboue, het ‘n positiewe uitwerking op die gesondheid van kinders, blyk uit wêreldwye navorsing wat pas in die vaktydskrif, The Lancet, gepubliseer is.
Dwergplaneet Sedna kry maatjie
Die dwergplaneet verder as Pluto, Sedna het elf jaar na sy ontdekking ‘n maat gekry.
BMW X4 in September hier
Nadat die BMW X4 verlede jaar in konsepvorm by die Johannesburgse Internasionale Motorskou ten toon gestel is, is die produksieweergawe pas by die Geneefse motorskou bekend gestel.
Land Rover Defender groet finaal
Groot nuus is dat Land Rover se ikoniese Defender letterlik die einde van die pad bereik het. Na meer as ses dekades gaan hierdie ruwe dog geliefde bosbreker nie meer vervaardig word nie. Bernard bespreek onder andere ook die ABS-remstelsel in die Suzuki DZire en die kragtige Nissan Navara-bakkie.
Toyota brei RAV4-reeks uit
Toyota se gewilde RAV4 sal sy posisie in die hartjie van die middelgrootte-sportnutsmark met die bekendstelling van ’n splinternuwe model en opgekikkerde toerusting versterk.
Nuwe toestel kan padwoede voorkom
Navorsers by die École Polytechnique Fédérale de Lausanne (EPFL) het ‘n toestel ontwerp wat sewe verskillende emosies van ‘n motorbestuurder se gesig kan “lees,” en so kan vasstel wanneer die bestuurder geïrriteerd raak en die gevaar loop om in ‘n padwoedebui te verval.
Ruimtetuig sien “ronde reënboog” in Venus se atmosfeer
‘n Tuig van die Europese Ruimte-agentskap, Venus Express Orbiter, het die eerste ronde reënboog, in Engels bekend as ‘n “glory” op ‘n ander planeet as die aarde waargeneem.
Ruimtemanne gaan “videospeletjies” speel
Wanneer ‘n vragtuig van die Europese Ruimteagentskap (ESA) oor ‘n paar maande weer sowat vyf ton voorraad na die internasionale ruimtestasie neem, sal daar ook ‘n besondere “speelding” aan boord wees.
Video: Dié kar se “sesde sintuig” soos jou pa
Hyundai se uitmuntende advertensie vir sy Genesis-model is reeds meer as 7 miljoen keer op YouTube gekyk.
Suzuki Swift DZire-sedan
Suzuki Auto Suid-Afrika het die gewilde Swift-luikrugreeks uitgebrei met die toevoeging van ’n nuwe sedanweergawe. Die ondeunde vierdeursedan word onder die DZire-naam bemark, en benut dieselfde onderstel as die luikrugmodel, maar bied die bykomende voordeel van ’n praktiese toesluit-bagasieruim, en meer ruimte vir insittendes agter.
Video: Wêreld se vinnigste sportmotor
Die Hennessey Venom GT is nou die vinnigste tweesitplek-sportmotor in die wêreld nadat ʼn topsnelheid van 435.31 km/h op die aanloopbaan by 5 km lange Kennedy-ruimtesentrum se aanloopbaan behaal is.
Ruimtetegnologie vir oogoperasies
Dokters by die Maastricht-oogkliniek in Nederland het ruimtetegnologie ingespan om ‘n mikroskoop waardeur hulle sensitiewe oogoperasies uitvoer, te stabiliseer.
Motornuus: Ford Figo-konsep
Maroela Motors was onlangs bevoorreg om Indië te besoek vir die Delhi-motorskou en die wêreld-bekendstelling van die volgende geslag Ford Figo.
Video: 11 lande en 61 000 km binne een minuut
Rick Mereki, Tim White en Andrew Lees het binne 44 dae 11 lande besoek, 18 vlugte onderneem en altesaam meer as 61 000 km afgelê. Dit is alles in hierdie een minuut lange video te sien.
Motor van die Jaar 2014
Teen hierdie tyd is dit reeds wyd en syd bekend dat die stalmaat van verlede jaar se wenner – die Porsche Boxster – vanjaar die titel verower het.