Nceba Dywili, ʼn kandidaat vir die ANC in die komende munisipale verkiesing, is Dinsdagaand in die Zwide informele nedersetting, naby Port Elizabeth, doodgeskiet.
Die wêreld in foto’s – 27 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
SAUK-joernaliste toegang tot werkplek geweier
Drie van die vier joernaliste wat deur die SAUK afgedank is, het Woensdag by die SAUK se kantore in Auckland Park opgedaag, maar is toegang geweier.
Beseerde vrou lê twee dae in veld
ʼn Vrou van Limpopo moes twee nagte lank buite in die reën lê nadat sy haar enkel gebreek het terwyl sy in ʼn bergagtige gebied gras gesny het.
[Verkiesing] Gauteng: Fel stryd om die metro’s
Gauteng se drie metromunisipaliteite, Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni, kan volgens alle aanduidings ná die munisipale verkiesing op 3 Augustus nie meer onder ANC-beheer wees nie.
Ondersoek gedoen ná man in tronk sterf
Die Polokwane-gevangenis is besig met ʼn ondersoek na die dood van Johan van Niekerk (78) wat op 16 Julie in die gevangenis gesterf het nadat hy na bewering maande lank versoek het om sy private dokter te sien.
Veldwagter deur buffel gegaffel
“Die buffel het hom in die bors getref voordat hy hom herhaaldelik in die lug gegooi het.”
Kinders was in huis tydens Steynsburg-boer se moord
Die motief agter die moord op Brent Gibbons (45), die Oos-Kaapse boer wat Sondagaand op sy plaas in die Steynsburg-distrik doodgeskiet is, het glo niks met diefstal of roof te doen nie.
Broer, suster van afspraakmoord-saak se ma ook vas
In ʼn bisarre wending is die ma van die broer en suster wat van die Krugersdorp-afspraakmoorde beskuldig word, in hegtenis geneem in verband met nóg ʼn saak wat die Krugersdorp-gemeenskap erg geskok het.
Nuuskommentaar: Die SAUK se stryd om irrelevant te wees gefnuik
Inderdaad het die bestuur van die SAUK alles in sy vermoë gedoen om die SAUK ’n irrelevante nuusrolspeler te maak, en is trouens steeds daarmee besig. Die oorlog is nog lank nie verby nie.
Hofaansoek teen Unisa-taalbeleid aangehoor
Die hooggeregshof in Pretoria sal Woensdag ʼn dringende aansoek deur AfriForum aanhoor teen die implementering van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se nuwe taalbeleid.
SAUK-4 mag ondanks hofbevel nog nie terug werk toe
Die vier joernaliste wat deur die SAUK afgedank is en wie se afdanking Dinsdag deur die arbeidshof in Johannesburg opgehef is, kan nog nie terugkeer werk toe nie.
Sentrum op die been gebring na tornado
ʼn Gesamentlike noodhulpsentrum is deur die Ekurhuleni-metro op die been gebring om mense wat deur Dinsdag se tornado in Tembisa geraak is, by te staan.
Polisiebeamptes vas oor G4S-rooftog
Twee van die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn rooftog by die sekerheidsmaatskappy G4S se tak in Kimberley is polisiebeamptes.
Inbraak by vlootbasis bevestig
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bevestig dat daar Saterdag ʼn inbraak by die vlootbasis in Simonstad was.
Man gevonnis oor mensehandel
Pinityi Shadrack Mathiso (57) is Maandag in die Humansdorp-streekshof in die Oos-Kaap gevonnis in verband met mensehandel vir seksuele doeleindes.
SAUK-joernaliste opgewonde om terug te keer werk toe
Die vier verslaggewers van die SAUK in wie se guns die Johannesburgse arbeidshof Dinsdag beslis het, het gesê hulle sien uit om weer terug te keer werk toe by die openbare uitsaaier.
Solidariteit en Numsa betoog by Denel
Verskeie lede van Solidariteit en Numsa wat by Denel aan die Oos-Rand en in Pretoria werksaam is, neem sedert verlede week aan sporadiese protesaksie oor die wapenvervaardiger se beoogde laat betaling van prestasiebonusse deel.
‘Terreur-tweeling’ glo ‘onregmatig’ in hegtenis geneem
Die tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, wat van terrorisme beskuldig word, se aansoek om borgtog is Dinsdag weer in die Johannesburgse landdroshof uitgestel.
[Foto’s] Panayiotou in PE-hooggeregshof
Die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou het Dinsdag vir die eerste keer in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn.