Foto’s van ʼn jong vrou wat alte danig is saam met iemand wat op ʼn haar soos pres. Jacob Zuma lyk, doen die ronde op sosiale media.
Twee sterf in Bloem-ongeluk, kind oorleef
Twee mans is dood en ʼn kind beseer toe die motor waarin hulle gery het Woensdagaand in ʼn stormwaterkanaal in Bloemfontein beland het.
Nuuskommentaar: Menseregtekommissie moet nou ras-ding help uitpluis
’n Paar artikels wat gelyktydig in die VSA die lig gesien het, open ’n skrefie van hoe perspektiewe in ’n post-polities korrekte omgewing geskets word. Dit staan in skrille kontras met ’n erg rassistiese beskouing wat nog wyd in Suid-Afrika loop dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie.
8 sterf in brand by weeshuis
Agt mense, onder wie kinders, is dood nadat ʼn brand Donderdag in die vroeë oggendure by ʼn weeshuis in Durban uitgebreek het.
Eienaar in hof ná 24 sterf in vragmotor-ongeluk
Gregory Govender, die eienaar van die vragmotor wat in 2013 in Field’s Hillweg, Durban, die dood van 24 mense veroorsaak het, het Woensdag vlugtig in die Verulam-landdroshof verskyn.
Zuma verstewig bande met Frankryk
Pres. Jacob Zuma het Woensdag teruggekeer ná ʼn twee dag lange staatsbesoek aan Frankryk om bande tussen die twee lande te versterk.
Zim se #ThisFlag-pastoor vrygelaat, klagtes laat vaar
Die leier van die #ThisFlag-veldtog in Zimbabwe, pastoor Evan Mawarire, is Woensdagaand vrygelaat nadat die landdroshof in Harare bevind het sy inhegtenisneming was ongrondwetlik.
Kuberaanval op Krygkor
Kuberkrakers het ʼn aanval op Krygkor, die wapenverkrygingsagentskap van die departement van verdediging, se webtuiste geloods.
Invoerder van luukse motors in hof vir bedrog
ʼn Voormalige versendingsbestuurder by die Viglietti Motor-groep sal in Oktober verhoor word op verskeie aanklagte van bedrog ter waarde van R2,9 miljoen.
Hier is kortlys vir OB-pos
LP’s het Woensdag ʼn kortlys van 14 kandidate opgestel vir die pos van openbare beskermer (OB).
Zuma-skildery ‘groteske skending’
Hulle het die omstrede skildery, genaamd “#Zupta state capture”, as ʼn “groteske daad van vulgariteit en disrespek” en “onsin” beskryf.
Man sterf weke na plaasaanval
Simon Shepherd (80), wat verlede maand saam met sy vrou op hul plaas in KwaZulu-Natal aangeval is, is in die hospitaal oorlede.
Drie vas oor onwettige lisensies
Twee verkeersbeamptes en ʼn bestuurskoolinstrukteur het Woensdag in die Libode-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn op aanklagte van korrupsie en bedrog.
Terug by die werk ná ‘wittes moet opgekap word’
Velaphi Khumalo gaan strafregtelik vervolg word deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK), het Gail Smith, woordvoerder van die MRK, gesê. Die kommissie het “alle individuele klagtes…
Dokter vas in Limpopo
Die Valke het ʼn 44-jarige mediese dokter in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, vervalsing en diefstal.
Krugersdorp-moorde: Sy het glo foto’s van lyk op foon
Dit is van die skokbesonderhede wat Woensdag in die Roodepoort-landdroshof aan die lig gekom het tydens drie van die vier verdagtes se borgtogaansoeke.
Die wêreld in foto’s – 13 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Video] Zim-verbod knak Musina-besighede
Ondernemings in die Suid-Afrikaanse grensdorp Musina trek noustrop weens Zimbabwe se onlangse verbod op die invoer van verskeie kossoorte en ander goedere.
Eksplisiete skildery van Zuma en Gupta skok
Ayanda Mabulu is nie ʼn vreemdeling vir omstredenheid nie, maar talle meen met sy jongste skildery van pres. Jacob Zuma het hy dit dié keer te ver gevat. WAARSKUWING: Maroela Media het die skildery gesensor, maar dit kan steeds moontlik sensititiewe kykers of kinders ontstel.
Pa tydens huisroof doodgeskiet
Die Gautengse polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat Woensdag in ʼn die vroeë oggendure ʼn 66-jarige man in sy huis in Meredale, Johannesburg, doodgeskiet het.