Drie mense is Donderdag in die vroeë oggendure in ʼn ongeluk in Germiston aan die Oos-Rand dood en een mens is kritiek beseer.
Nuuskommentaar: As veldtog téén rassisme self rassisties word
Die blatante onewehandigheid waarmee gereeld teen wit en swart opgetree word wanneer iemand hom of haar aan rassistiese optrede skuldig maak, word al meer deel van die probleem eerder as die oplossing. Pas het die VF Plus juis hieroor antwoorde by die Menseregtekommissie gesoek – die een instelling wat nie kan bekostig om onewehandig op te tree nie.
Inwoners, joernaliste in hegtenis geneem tydens Zim-betogings
Groot dele van Zimbabwe het Woensdag soos ʼn oorlogsone gelyk toe betogings teen die regering tot gewelddadige optrede tussen die polisie en inwoners gelei het.
EFF is hier om SA te red, sê Malema
Julius Malema het Woensdag gesê sy party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), is hier om Suid-Afrika te red.
O’Sullivan se borgtogvoorwaardes verslap
Die borgtogvoorwaardes vir die privaat speurder Paul O’Sullivan, wat tereg staan op aanklag dat hy die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap oortree het, is Woensdag in die Kempton Parkse landdroshof verslap.
Dokters vrees vir lewe van ‘wêreld se vetste kind’
ʼn Tienjarige seun van Indonesië is op ʼn nooddieet gesit nadat dokters gewaarsku het sy gewig bedreig sy lewe.
Panga teen baba se keel gehou tydens rooftog
Rowers het Woensdagoggend by ʼn onderneming in Hennenman in die Vrystaat ʼn panga teen ʼn baba se keel gehou voordat hulle die baba teen ʼn kas gegooi het.
Man gevonnis vir brutale verkragting
ʼn 37-jarige man is tot tronkstraf gevonnis vir die brutale verkragting van ʼn 20-jarige vrou drie jaar gelede.
Drie dood toe bakkie rol
Drie mense is Woensdag dood en drie beseer toe ʼn bakkie op die N3 in Pietermaritzburg omgeslaan en verskeie keer gerol het.
Die wêreld in foto’s – 6 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Klag ingedien oor vrou se rassistiese twiets
“Stel asseblief ons kantoor in kennis waarom die moontlike rassistiese uitlatings van Sotjifa nie uit eie inisiatief deur die MRK ondersoek is soos in baie ander gevalle en met individue wel gedoen is nie, en met besondere verwysing na wit mense op dieselfde grondslag.”
Man wat dood glo versin vra borgtog
Die 31-jarige man wie se familie onder die indruk was dat hy in Desember in ʼn motorongeluk in die Vrystaat verkool het, het Woensdag weer in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.
[Foto’s] Meer smokkel nou weens Zim se invoerverbod
Die internasionale oorgrenshandelaarsvereniging en die Musina-sakeforum het vroeër vandag aan joernaliste by die Beitbrug-grenspos gesê dat sommige gefrustreerde handelaars nou ware na Zimbabwe smokkel.
ANC se steun vir internet-sensuur kommerwekkend
Die VF Plus het Woensdag gesê die feit dat Suid-Afrika nou in ʼn sitting van die Verenigde Nasies (VN) probeer het om internasionale internet-sensuur afdwingbaar te maak, is kommerwekkend.
Oscar ‘gelukkig’ om die straf te kry; teen dan dalk vry
Oscar Pistorius gaan nie teen sy vonnis van ses jaar tronkstraf appelleer nie.
AfriSake keer betaling van dermiljoene vir slimkragmeters
Die sakeregte-waghond AfriSake het die Tshwane-metroraad Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria met ʼn dringende hofaansoek gekeer om ʼn betaling van dermiljoene aan die diensverskaffer PEU Capital te betaal.
NFP wil grondwethof nader oor verkiesing
Die National Freedom Party het Woensdag gesê hy sal die konstitusionele hof nader rakende die party se diskwalifikasie om aan die munisipale verkiesing op 3 Augustus deel te neem.
SAUK sê ANC se verklaring is misleidend
Die SAUK het gesê dat sy voorneme om nie geweld tydens betogings uit te saai nie ʼn redaksionele standpunt is, en nie ʼn beleidsverandering nie.
Maroela Media nou 9de grootste in SA
Maroela Media het pas die posisie ingeneem as die negende grootste nuuswebwerf in Suid-Afrika.
Plase in dié provinsie die gevaarlikste
TLU SA het Dinsdag bekend gemaak altesaam 186 plaasaanvalle is reeds vanjaar by dié organisasie aangeteken.