Regter Thokozile Masipa sal Oscar Pistorius vandag vonnis vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp.
Eskom se wins styg skerp
Eskom sal nie langer Suid-Afrika se groei aan bande lê nie, het die kragverskaffer se voorsitter gesê nadat die staatsinstelling se wins vir die jaar tot einde Maart skerp gestyg het.
ANC vergader met minister oor SAUK
Mthembu het die SAUK se topbestuur beskuldig van ʼn gebrek aan leierskap.
Vermiste Centurion-vrou gevind
Mihke Nel (23) wat Dinsdag spoorloos verdwyn het nadat sy ʼn paniekerige oproep na haar tannie gemaak het, is gevind.
Opposisie moenie Tshwane wen nie, sê Zuma
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê dit sal ʼn vernederende nederlaag wees as Gauteng se munisipaliteit, veral Tshwane en Johannesburg, tydens die munisipale verkiesing deur opposisiepartye oorgeneem word.
Man steek homself in polisiestasie aan die brand
ʼn Polisiestasie in Hillcrest, KwaZulu-Natal, het Dinsdag onder skoot gekom ná ʼn man in die aanklagkantoor petrol oor homself uitgegooi en daarna aan die brand gesteek het.
SA verdedig sy VN-stem teen internetvryheid
Die Suid-Afrikaanse regering het sy omstrede stem teen sleutelelemente van ʼn VN-resolusie wat internetvryheid wil ondersteun, verdedig en verwys na die plaaslike debat oor die kriminalisering van rassistiese haatspraak.
Damvlakke styg in Wes-Kaap
Volgehoue reën in die Wes-Kaap het daartoe gelei dat damvlakke in die provinsie gestyg het.
‘SAUK-beleide strydig met ANC se beleide’
Die ANC het Dinsdag gesê die SAUK se besluit om sy redaksionele beleid te wysig en nie geweld tydens betogings uit te saai nie, is teenstrydig met die regerende party se beleidsposisionering.
Gemeenskap soek saam na Centurion-vrou
Verskeie rolspelers in die Centurion-gemeenskap het kragte saamgespan om te soek na ʼn 23-jarige vrou, wat glo ʼn paniekerige oproep na haar tannie gemaak het, voordat sy spoorloos verdwyn het.
Vrou sê jammer vir rassistiese twiets; MRK ondersoek nog nie
Palesa Sotjifa, ʼn vrou wat berug geraak het vir haar rassistiese twiets, word steeds nie deur die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek nie.
‘3 Augustus is Suid-Afrika se referendum’
Die munisipale verkiesing op 3 Augustus sal dien as ʼn “referendum” vir die rigting waarin Suid-Afrika moet gaan.
Die wêreld in foto’s – 5 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Verwikkeling in soektog na vermiste seun
Die soektog na ʼn vermiste albino-seun van KwaZulu-Natal het tot die inhegtenisneming van ʼn vrou gelei wat na bewering ʼn albino seun vir R100 000 aan ʼn sangoma wou verkoop.
Zuma vra uitstel by MRK
President Jacob Zuma het die Menseregtekommissie (MRK) vir uitstel gevra om te reageer op die klag van haatspraak wat die VF Plus teen hom ingedien het.
14-jarige sterf by inisiasieskool
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur na die dood van ʼn 14-jarige seun by ʼn inisiasieskool.
[Foto’s] Gesin leef in vrees ná aanval op Pta-kleinhoewe
ʼn Gesin leef in vrees nadat drie gewapende mans hulle Sondagaand by hul huurhuis op ʼn kleinhoewe in Centurion ingewag en aangeval het.
D-dag vir Oscar; regskenners waag voorspellings
Oscar Pistorius word Woensdag gevonnis vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp. Regskenners het dit egter eens dat hy nie die voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf vir moord opgelê sal word nie.
Talle vas oor onrus in Zimbabwe
“Die polisie het inligting en intelligensie oor die identiteit van sommige van die misdadiger-elemente wat vir die onrus verantwoordelik is.”
AfriForum herstel 15 990 slaggate teen byna R2,5 miljoen
Die burgerregte-organisasie AfriForum het gedurende sy nasionale slaggatmaand in Mei vanjaar bykans 16 000 slaggate teen R2 479 000 landwyd herstel.