Die eerste ruimtetuig wat deur ‘n privaat onderneming na die internasionale ruimtestasie gestuur word, is Dinsdag suksesvol lanseer.
Transseksuele mag nou aan Mej. Heelal deelneem
Brenda Mendoza, publisiteitsdirekteur vir die Mej. Heelal-kompetisie het gesê transseksuele is nou welkom om wêreldwyd aan hul skoonheidskompetisies deel te neem.
Video: PTA-man se lanseerpoging na ruimtestasie misluk
SpaceX, ʼn privaat onderneming wat deur ʼn ingenieur en uitvinder van Pretoria besit word, het Saterdag misluk in sy poging om ʼn vuurpyl na die internasionale ruimtestasie te lanseer.
Oudste vrou klim Everest vir die tweede keer uit
ʼn 73-jarige Japanese vrou het Saterdag haar eie rekord verbreek deur Mount Everest uit te klim.
ʼn Nuwe geenterapie verleng muise se lewens
Wetenskaplikes het daarin geslaag om die lewens van laboratoriummuise met ʼn enkele behandeling van ʼn nuwe soort geenterapie te verleng
Nog aardgas in Mosambiek gevind
Mosambiek is een van die nuwe hoofverskaffers van natuurlike gas nadat ‘n Italiaanse energiemaatskappy nog 10 triljoen kubieke voete van dié natuurlike hulpbron langs die land se kus ontdek het.
Vandale laat kameelperdbul eensaam
Twee kameelperdkoeie in Poland is dood na vandale by die dieretuin ingebreek het.
Vliegtuig van nuwe Franse president deur weerlig getref
Pres. Francois Hollande van Frankryk se vliegtuig is Dinsdag op pad na Berlyn deur weerlig getref.
Hoogste Lego-toring voltooi
Die wêreld se hoogste Lego-toring is Sondag in Suid-Korea voltooi. Meer as vierduisend kinders het gehelp om die toring te bou wat uit ʼn halfmiljoen van die gewilde boublokkies bestaan.
Onthoofde lyke op hoofweg gevind.
Nege-en-veertig onthoofde lyke is Sondag op ʼn hoofweg in die noorde van Mexiko gevind. Die lyke se hande en voete is ook afgekap.
Jong bestuurders SMS en bestuur steeds
Alhoewel meeste jong Amerikaanse bestuurders saamstem dat dit gevaarlik is om ʼn SMS te stuur terwyl jy bestuur, het sowat ʼn derde aangedui dat hulle dit in elk geval doen.
Krokodil byt hengelaar dood terwyl hy vriend probeer red
‘n Hengelaar van Zimbabwe is deur ‘n reuse krokodil doodgebyt toe hy sy vriend, wat deur ‘n ander krokodil aangeval is, probeer red het.
David Beckham een van die rykstes in sport
David Beckham, voormalige kaptein van Engeland se sokkerspan het reeds sowat £160 miljoen ingepalm en het hom ʼn plek verseker in die Sunday Times Rykes in Sport-lys wat die afgelope naweek publiseer is.
“Ek is sexy en ek weet dit”
ʼn Ses-jarige seun is vir drie dae weens seksuele teistering uit ʼn Amerikaanse skool geskors.
Touchy, die menslike kamera
Eric Siu, ‘n kunstenaar van Hong Kong het ‘n draagbare kamera ontwerp wat die draer verblind totdat iemand aan die persoon raak.
Tandarts trek toe al haar ekskêrel se tande
‘n Poolse tandarts staar drie jaar tronkstraf in die gesig na sy glo al haar ekskêrel se tande uitgetrek het nadat hy hul verhouding verbreek het.
Man per ongeluk in sel vergeet
Die federale owerheid in Amerika sal hul aanhoudingsfasiliteit ondersoek na ‘n 24-jarige student glo vir vyf dae lank in ‘n aanhoudingsel vergete gebly het.
Besoedeling gevaarliker as padongelukke?
Luidens ‘n nuwe studie kan verkeersbesoedeling tot twee keer so dodelik wees as verkeersongelukke.
Omstrede Shakespeare
William Shakespeare word deur talle beskou as die mees vername skrywer van alle tye, maar daar hang tans ‘n wolk van omstredenheid rondom die skrywer.
Langste man se onderklere verkoop
‘n Reus se onderklere is dié week op ‘n veiling teen £550 verkoop.