Die Rugbykampioenskap is in die sakkie en toegeknoop, maar nou kom die All Blacks voor hul grootste toets vanjaar te staan wanneer hulle Saterdag op Loftus Versfeld teen die Springbokke speel.
Opwindende einde wag op Currie- Eerste Liga
Geen draaiboekskrywer kon ʼn opwindender rondomtalie-einde vir aanstaande naweek beplan het, as wat in die Curriebeker- Eerste Liga wag nie.
Vreugdevure brand maar laag ná Bokke se sege oor Wallabies
ʼn Mens moet altyd dankbaar wees vir ʼn oorwinning in toetsrugby, maar Saterdag se oorwinning van 23-12 oor die Wallabies in die Rugbykampioenskap in Port Elizabeth is een wat nie lank onthou sal word nie.
Streeptruie in ʼn Curriebeker-klas van hul eie
Die Westelike Provinsie het Saterdag op Nuweland getoon dat, wat die Curriebeker-reeks betref, hy in ʼn klas van sy eie is.
Bokke is reg vir die Wallabies se aanslag
Hierdie Springbokke wat Saterdag in die Baai teen die Wallabies speel, moet voortbou op die oorwinning in Nieu-Seeland toe hulle die All Blacks kafgedraf het.
Waar was verlede week se Cheetahs?
Die Cheetahs het die meeste foute gemaak, die Cardiff Blues het self mildelik tot die middelmatigheid bygedra, maar het met meer konstruktiewe spel verdien om die wedstryd Vrydagaand op hul tuisveld met 24-21 te wen.
Honderdtal vir Valke in Curriebeker- Eerste Liga
Die Valke het Vrydag in die Barnardstadion, Kemptonpark, vir ʼn honderdtal in die Curriebeker- Eerste Liga gesorg.
Poemas het die momentum en selfvertroue, All Blacks die gehalte
Momentum en selfvertroue was nog altyd twee belangrike bestanddele vir sukses in sport, en dit is twee goed wat Argentinië wél het voor Sondagoggend (00:40 SA tyd) se Rugbykampioenskap-kragmeting teen die All Blacks in Buenos Aires.
WP kan van tuishalfeindstryd seker maak
Die Westelike Provinsie kan Saterdag op Nuweland, Kaapstad, seker maak dat hy die Curriebeker-halfeindstryd op eie werf sal uitspook.
Bokke moet Wallabies by die kruispad uit die pad stamp
Wen is die belangrikste woord in die woordeskat van enige rugbyafrigter, maar bestendigheid en die vordering wat gemaak word, is ewe belangrik en boustene vir oorwinning.
Cheetahs en Kings moet nou ook oorsee hul slag wys
Net soos ʼn mens hoop die Springbokke se oorwinning teen die All Blacks was ʼn keerpunt, só word daar uitgesien dat die Cheetahs en die Southern Kings die naweek sal voortbou op verlede naweek se twee verrassend goeie vertonings.
Springbokspan: Nou sal ons weet hoe goed Whiteley is
Die waarde wat Warren Whiteley tot die Springbokspan voeg, sal Saterdag in Port Elizabeth behoorlik na waarde geskat kan word in die toetswedstryd in die Rugbykampioenskap teen die Wallabies.
Hansen se baie veranderinge op Wêreldbeker gemik
Daar moet nie te veel gelees word in die ses veranderinge en ʼn posisionele skuif wat die All Blacks-afrigter Steve Hansen aangebring het aan die span wat teen die Springbokke verloor het nie.
All Blacks boet heelwat ervaring teen Poemas in
Een swaeltjie maak gewis nie ʼn somer nie. Dit besef die Springbokke ná hul oorwinning teen die All Blacks terdeë. Nét so weet die All Blacks dat die onverwagte neerlaag nie vir hulle ʼn finale nekslag is nie.
Daar is niks vriendeliks vir die Wallabies in die Baai nie
Vergeet van die spook van Loftus en van die hoogte bo seevlak op Ellispark wanneer die longe in die tweede helfte begin brand. Die Springbokke se grootste bondgenoot tuis is ʼn toetswedstryd in die Baai.
Poemas se droom lyk nie haalbaar
Hulle besef dit is eintlik ʼn onbereikbare droom, maar by die Poemas is daar nietemin die wete dat hulle die heel eerste keer in ʼn posisie is om die Rugbykampioenskap te wen.
Twee SA spelers van die wedstryd in die vreemde
Twee Suid-Afrikaners is in die jongste klubrugby in die vreemde as spelers van die wedstryd bekroon.
Wie gaan dit wees: Ruhan, Jesse of Lionel?
As die Blitsbok Ruhan Nel Saterdag in Port Elizabeth sy buiging vir die Springbokke in die toetswedstryd in die Rugbykampioenskap teen die Wallabies maak, wie sal op buitesenter vir hom opsy staan?
Nuwe Wêreldliga allig dié week bespreek
Die Springbokke speel vanjaar moontlik in hul laaste jaareind-reeks teen Brittanje en die Europese lande.
Sou Rassie dit (net) as nasionale keurder gemaak het?
Rassie Erasmus se kop kon reeds op die blok gewees het as hy (net) ʼn nasionale keurder was.