So ʼn paar jaar terug het ek my eerste TED Talks-video gekyk en ek was dadelik versot daarop. TED se slagspreuk beskryf alles: “Idees wat die moeite werd is om te versprei.”
[Entrepreneurskap] Nano-tegnologie se toepassing
Hiermee ʼn voorsmakie van Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met Andries Brink, stigter van Andile Solutions.
Wees bedag op Facebook-privaatheidsfoefie
ʼn Sogenaamde kennisgewing oor Facebook-gebruikers se privaatheid, wat die afgelope week die ronde op dié sosialemedia-netwerk doen, het gebruikers behoorlik op hol.
DemZa: Ken nismark soos sy handpalm
Jacques Basson van Klipkouers gesels met Riaan van Wyk, die eienaar van DemZa Bake ʼn Pack, die man wat weet hoe om sy nis-teikenmark met 7 000+ produkte gelukkig te hou.
Video: Vlieënier maak geskiedenis met gewaagde toertjie
Rich Goodwin, ʼn vlieënier van Gloucestershire in Engeland, het Dinsdag geskiedenis gemaak toe hy die eerste vlieënier geword het wat ʼn lint in die lug tussen twee lugballonne met die vlerk van ʼn vliegtuig gesny het.
Afrikaanse Wiki maak inligting meer toeganklik
Daar is reeds ongeveer 41 916 Afrikaanse artikels op Wikipedia gelaai en Maroela Media is trots om ook ʼn bydrae te kan lewer. Maroela Media se Afrikaans op Wikipedia-projek, moedig kenners aan om artikels op Wikipedia te publiseer.
Entrepreneurskap: Om ondervinding met tegnologie te versoen
Hiermee ʼn voorsmakie van my onderhoud met Riaan van Wyk, eienaar van DemZa Bake ʼn Pack, wat weet hoe om sy nis-teikenmark met 7 000+ produkte gelukkig te hou.
Video: Ignoreer die dolle gejaag met Showmax
Wanneer het dit aanvaarbaar geword om in Oktober al die winkels vol Kersversierings te hang? Waar jy ook al kyk, is daar rooi balletjies en groen blare om jou te herinner dat die jaar einde se kant toe staan. Daar’s net twee maniere om dit te ignoreer: kyk weg, of kyk ShowMax.
[Entrepreneurskap] Malaria se impak op ondernemings in Afrika
In hierdie episode fokus Jacques Basson van Klipkouers op Francois Maartens, eienaar van IMCC, die man wat weet hoe om die grootste moordenaar in Afrika aan te pak, se besigheid.
Koop veilig aanlyn
Tegnologie het baie dinge makliker gemaak vir verbruikers en die een waaroor baie van hulle bly is, is om aanlyn te koop. Suid-Afrikaanse verbruikers is egter nog nie so opgewonde soos die res van die wêreld nie, omdat hulle nie hou van die lang wagtyd vir aflewering nie.
WhatsApp: Kikker jou foto’s en video’s op
WhatsApp het talle nuwe funksies bekendgemaak om foto’s en video’s, wat jy met die gewilde boodskapdiens stuur, op te kikker en te verpersoonlik.
Aardklop nóg meer toeganklik met nuwe app
Aardklop het vanjaar, vir die eerste keer ooit in die geskiedenis van dié kunstefees, ʼn app bekendgestel wat verseker dat feesgangers, sonder die gesukkel van ʼn lomp program, geen produksie of program hoef mis te loop nie.
Rosetta bots teen komeet
Die Rosettatuig van die Europese Ruimte-agenskap het sy sending na bykans ’n jaar wat dit om ’n komeet gewentel het, beëindig deur teen die komeet te bots.
Entrepreneurskap: Om ondervinding met tegnologie te versoen
Hiermee ʼn voorsmakie van my onderhoud met Francois Maartens, eienaar van IMCC, die man wat weet hoe om die grootste moordenaar in Afrika aan te pak, eerskomende Woensdag.
Sasol Solar Challenge: NWU is eerste SA span oor die eindstreep
Die Noordwes-Universiteit se sonkar was Saterdag die eerste Suid-Afrikaanse span om die eindstreep in Kaapstad oor te steek in die Sasol Solar Challenge.
SA meisie se droogtehulp-idee wen gesogte Google-kompetisie
ʼn 16-jarige Suid-Afrikaanse meisie is as die algehele wenner van die Google-wetenskapsekspo-kompetisie aangewys.
[Foto’s] 747-vlieënier neem mooiste foto’s
Min mense het ʼn beter uitsig op asemrowende natuurtonele soos vlieëniers, en ʼn Boeing 747-vlieënier het besluit om dié tonele met almal te deel.
Totsiens, BlackBerry-slimfoon
BlackBerry het Woensdag aangekondig dat hy ná 14 jaar nie meer slimfone gaan vervaardig nie.
[Entrepreneurskap] Die sakemodel, ’n bloudruk vir jou onderneming
Jacques Basson van Klipkouers het met Dewald Pelser, ‘n sakeman en stigter van die misterBA-podsending gesels. Pelser analiseer graag ondernemings om uit te vind wat maak dit suksesvol.
Skoolkursus sluit wêreld van animasie vir jongspan oop
Die produksiehuis, Fopspeen Moving Pictures, gaan binnekort ʼn unieke animasiekursus, wat gemik is op laer- en hoërskoolleerders, van stapel stuur, wat na-ure by skole aangebied gaan word.