Saterdag se twee Superwedstryde is vir die drie betrokke Suid-Afrikaanse spanne uiters belangrik.
Soekresultate vir: Jaco Geldenhuys
Eerste op Maroela: SA Akademie kondig toekennings en bekronings vir Afrikaans aan
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het aangekondig dat sy hoogste toekenning vir joernalistiek, die Markus Viljoen-medalje vir joernalistieke prestasie, vanjaar aan die verslaggewer en geliefde rubriekskrywer Martie Meiring van Stellenbosch toegeken word.
Sharks soek eerste sege, Lions ʼn bonuspunt
Die Sharks is te ongeduldig, sê hulle afrigter Robert du Preez oor sy span wat tot dusver twee uit twee Superwedstryde verloor het.
Is Duane Vermeulen ʼn beter keuse as Jaco Kriel?
Dit sal darem baie onregverdig wees as Jaco Kriel, en sommer ook Kwagga Smith, oor die hoof gesien word wanneer die Springbokspan later vanjaar gekies word.
Aimee eerste vrou op A-paneel; kan nou senior manswedstryde blaas
Oor ʼn jaar of wat is dit moontlik dat ʼn Suid-Afrikaanse vrou as skeidsregter in die Curriebekerreeks, of selfs in Superrugby, kan optree.
CB-eindstryd: tuisveld is geen waarborg nie
Tuisveldvoordeel, dit waarna elke span mik as dit lyk of hy in die Curriebekereindstryd kan speel, is geen waarborg vir sukses nie.
Kan Goue Beker faam van naelbytfinale volhou?
Die SA Rugbyunie (Saru) se Goue Bekerreeks vir die oop klubs het ʼn reputasie van naelbyt-eindstryde opgebou.
Sharks kies Ndungane in Nkosi se plek
Dit kon die Sharks se afrigter, Robert du Preez, sekerlik nie langer nie as vyf minute geneem het om die span te beklink vir Saterdag se Curriebeker-eindstryd teen die Westelike Provinsie op Kingspark in Durban nie.
Sharks, WP het die binnebaan in halfeindstryde
Daar is geen kristalbal wat kan voorspel wat Saterdag in die twee Curriebeker-halfeindstryde sal gebeur nie, en ʼn mens moet jou maar na die verlede wend om ʼn soort uitslagpatroon te identifiseer.
WP kies twee Bokke; Sharks verander net een
Die Westelike Provinsie het twee van sy Springbokke ingesluit in die span wat Saterdag in Durban met die Sharks kragte in die Curriebekerreeks meet, en die tuisspan het slegs een verandering in sy opdrafspan aangebring.
Britse uitgewer koop regte vir Afrikaanse kinderboek
Jaco Jacobs se boek “Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word” se wêreldwye Engelse regte is pas verkoop aan ʼn uitgewery in Engeland.
Só kan Goue Beker se ‘proefspanne’ lyk
Sterk “proefspanne” wat ʼn mens in hierdie stadium van SA Rugbyunie (Saru) se internasionale reeks om die Goue Beker kan saamstel, dui daarop dat ’n betreklike sterk span uit die reeks gekies sal kan word.
Huisgenoot Tempo-toekennings: Hier is die benoemings
Die wenners word vanjaar regstreeks bekend gemaak.
SA se Superspanne: Cheetahs verander laat vir swanesang
Die Cheetahs moes ʼn laat sesde verandering aanbring aan die span vir hulle laaste Superwedstryd toe die haker Elandré Huggett weens ʼn enkelbesering onttrek het.
Superrugby: Beserings noop veranderings aan SA spanne
Vir die naweek se Superrugby-wedstryde is die Stormers sonder hul gevaarlike heelagter, die Bulls sonder hulle Springbok-losskakel, terwyl die Lions, die Cheetahs en die Sharks ook as gevolg van beserings ’n verandering of twee moes aanbring.
Pollard en Kriel kry ruskans teen die Sunwolves
Tian Schoeman is die naweek die eerste keer hierdie seisoen in die opdrafvyftiental van die Bulls wanneer hulle in Tokio teen die Sunwolves te staan kom.
Internasionale eer vir Afrikaanse skrywer
“Hy is ’n meesterlike storieverteller en verdien dat sy werk aan ’n groter gehoor bekend gestel word.”
SA Akademie kondig wenners aan
Die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op die volgende bekronings vir 2017 besluit.
Lions en Cheetahs moet begin spiere bult; Sharks het te veel skietgoed
Die Lions en die Cheetahs sal albei moet uithaal as hulle Saterdag oorwinnings wil behaal, terwyl die Sharks, ondanks ’n ietwat omstrede spankeuse, te sterk vir hulle buurman, die Kings, behoort te wees.
SA spanne: Lions, dalk ook Sharks, se uitdagings die grootste
Die Suid-Afrikaanse spanne se Superwedstryde die naweek is ’n mengsel van waarskynlike oorwinnings en ’n span of twee wat dalk sal moet uithaal om die wenpunte te kry.