Die Noordwes-Universiteit het Woensdag ʼn verklaring uitgereik in reaksie op die sanger Steve Hofmeyr se sing van Die Stem tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees.
Alles vir die sleutelwoord "Aardklop"
[Video] Aardklop: Só klop feesgangers
Ondanks die hitte het feesgangers steeds die terrein aangedurf en “geklop” dat dit bars. Maroela Media het met ʼn paar bekendes en feesgangers gesels om te hoor hoekom dié fees so gewild is.
[Video] Anna-Mart oor People are living there
Anna-Mart van der Merwe is tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in die Athol Fugard verhoogstuk People are living there te sien. Maroela Media het met haar daaroor gesels.
[Video] Steve sing Die Stem by Aardklop
Steve Hofmeyr het Vrydagaand Die Stem by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees gesing, ondanks die hewige kritiek wat dit by vorige kunstefeeste uitgelok het.
Aardklop: Hier is die bestes
Twee produksies het uitgetroon tydens die prysoorhandiging op vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees – die klassieke Moeder Moed en haar kinders en die eietydse…
[Resensie] Aardklop: Son. Maan. Sterre.
In dié debuutwerk van die Britse dramaturg Alice Birch takel sy kindermolestering as onderwerp. Die oorspronklike Many Moons is deur Saartjie Botha knap vertaal en die rolverdeling bestaan uit Wilhelm van der Walt, Greta Pietersen, Tinarie van Wyk Loots, Louis van Niekerk en Lida Botha.
Luister: Bekendes sê: Vyf noodsaaklikhede vir Aardklop
Maroela Media het met ʼn paar bekendes gesels om te hoor wat jy moet saambring om Aardklop te geniet.
[Video] Aardklop: Diskoers – Jou monument en my museum
Ons behoort mekaar se erfenis te respekteer en ruimte te gee om ons erfenis te vier en te bewaar. Dít is een van die min punte waaroor deelnemers aan ʼn Diskoers-gesprek tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees saamgestem het.
[Video] Sandra Prinsloo: 20 jaar ouer binne minute
Maroela Media het by Sandra Prinsloo ʼn draai agter die verhoog gaan maak waar sy haar grimering vir die produksie ‘Die Naaimasjien’ aanwend en wys hoe sy haar in haar heelwat ouer karakter verander.
[Resensie] Aardklop: Franse vioolmusiek net vir uitsoekgehoor
As dié era se musiek met jou hart praat, is Franse vioolmusiek reg in jou kraal, maar aanhangers van ligte, “kommersiële” of bekende klassieke musiek moet liefs dié produksie vermy.
[Resensie] Aardklop: ‘Grootdoop’ in Sandton is ’n doop soos min
Sandton City grootdoop, vanjaar te sien by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees, met sy briljante teks en uitstekende toneelspel, is gemik op hardebaard-teatergangers.
[Resensie] Aardklop: Hemelruim
Besluite. Almal neem daagliks honderde besluite wat die een na die ander (soms onsigbare) rimpeleffek op ons lewens het, of het dit? Is ons lewens dalk net toeval? In die produksie Hemelruim kry die gehoor die geleentheid om te sien hoe en of elke besluit wat ons neem, gaan sorg vir ʼn ander uitkoms in ons lewens.
Luister: Jong akteurs te sien by Aardklop
Hannah Borthwick en Roeline Daneel speel vanjaar in Santon City grootdoop, ʼn produksie wat fokus op ʼn ma en haar verhouding met haar twee dogters.
[Video] Aardklop: Diskoers – Word moedertaal in skole vermoor of is net Afrikaans onder skoot?
Beleid op nasionale vlak ter bevordering van moedertaalonderrig op skole word nie noodwendig deurgevoer op voetsoolvlak nie, het Donderdag aan die lig gekom tydens ʼn Diskoers-gesprek by die Aardklop Nasionale Kunstefees.
[Resensie] Aardklop: Moeder Moed en haar kinders
Daar is mense wat meen Moeder Moed en haar kinders is een van die belangrikste verhoogstukke van die 20ste eeu. Geskryf as Mutter Mut und ihr Kinder deur die Duitse dramaturg Bertolt Brecht tydens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, is daar kwalik enige ander drama wat só fel anti-oorlog is as juis dié een.
[Resensie] Aardklop: People are living there
Clover Aardklop se besluit om die Markteater se produksie van People Are Living There Potchefstroom toe te bring, is een van die grootste aanwinste op vanjaar se fees.
[Video] Elize Cawood en Wilson Dunster gesels oor ‘Die wagkamer’
Die legendariese akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster is vandeesweek tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees saam op die verhoog te sien in die produksie Die wagkamer.
[Resensie] Aardklop: ‘Siener’ se Tjokkie bly in jou kop agter
Wat dié produksie so treffend maak, is die feit dat ʼn universele verhaal vertel word – die mens se soeke na betekenis en wat hy alles sal doen om dit te kry en te behou.
Aardklop: Diskoers – Die vakbondwese in onstuimige vaarwater
Die moontlikheid van ‘n arbeidersparty was een van die kwessies wat Woensdag tydens die tweede Diskoers-gesprek by Aardklop Nasionale Kunstefees bespreek is.
Aardklop: Amanda Strydom op haar beste
Met bekende liedjies soos “Vrou by die spieël”, “My kamer” en “Slippers van satyn” sal lojale aanhangers nie teleurgestel wees nie, maar mense wat glad nie haar werk ken nie moet veral hierdie vertoning bywoon, want hierdie is Amanda Strydom op haar beste.