Aardklop het gister afgeskop met ʼn Visuele Kunssafari wat ʼn verskeidenheid van kuns ten toon gestel het.
Alles vir die sleutelwoord "Aardklop"
[Video] Aardklop: Diskoers – Mmusi Maimane oor die Blou Golf
Die saal was Dinsdagoggend volgepak by die eerste Diskoers-gesprek van die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom waar Freek Robinson die DA-leier, Mmusi Maimane, onder kruisverhoor geplaas het.
Luister: Klop, klop, dis Aardklop!
Vanjaar se fees sal volgende week op 6 Oktober afskop en volgens die programbestuurder, Marguerite Robinson, gaan vanjaar se fees weer ʼn belewenis wees.
[Video] Crystal Donna Roberts proe internasionale sukses
Crystal Donna Roberts het ook onlangs internasionale sukses geproe toe die nuwe fliek waarin sy te sien is, The endless river, nie net aanvaar is vir die Venisië-filmfees nie, maar toe sy self ook genomineer is as beste aktrise.
Aardklop 2015: Groot name by vanjaar se Diskoers-gesprekke
Feesgangers van die Aardklop Nasionale Kunstefees kan solank hul tande slyp vir die immergewilde Diskoers-gesprekke waartydens Freek Robinson met bekendes soos Mmusi Maimane en Zwelinzima Vavi gaan gesels.
Shaleen gee woema aan twee produksies by Aardklop
Shaleen Surtie-Richards is vanjaar in twee produksies tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien.
Sit jou voet neer teen seksuele molestering
Kara sê die jeug word soms onderskat as dit by sulke kwessies kom. “Ons is reg om standpunt in te neem teen seksuele molestering.”
Sandra beslis by Aardklop, al kan Jani nie haar draaie kry nie
Sandra Prinsloo se eenvrouvertoning Jani wat vanjaar by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien sou wees, is gekanselleer, maar sy gaan nog steeds by dié fees ‘n draai maak.
Luister: Christo Davids oor die groot rol van ‘Tjokkie’
Die nuwe weergawe van PG du Plessis se meesterstuk, Siener in die Suburbs, is binnekort by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom te sien. Christo Davids vertolk die rol van Tjokkie en Maroela Media het met hom daaroor gesels.
Laurika vanjaar op Aardklop
Mense wat vanjaar Aardklop toe gaan, sal bly wees om te hoor dat Laurika twee vertonings op dié fees sal hê – die eerste keer in nege jaar.
Luister: Raak deel van ’n interaktiewe leeservaring by Aardklop
Byderhand is ʼn splinternuwe interaktiewe leeservaring wat vanjaar tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees plaasvind. Die projek word aangebied deur die vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus en Maroela Media het met prof. Franci Greyling van dié vakgroep daaroor gesels.
Aardklop 2015 is hier
Kaartjieverkope vir vanjaar se Aardklop-kunstefees wat van 6 tot 10 Oktober in Potchefstroom plaasvind, het vandag begin en feesgangers kan hulle weer verlustig in kuns, toneel en musiek by dié fees.
Video: Marius Weyers en Sandra Prinsloo weer saam op die grootskerm
Vanjaar is die eerste keer in meer as 20 jaar wat Sandra Prinsloo en Marius Weyers saam op die verhoog verskyn in produksies soos Vir Ewig en Altyd en Die Seemeeu. Nou is hulle ook besig om weer saam aan ʼn rolprent te werk.
Aardklop 2014: En die wenners is…
‘n Paar van die produksies wat vanjaar by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien was, is Vrydagaand vereer.
Aardklop 2014: Koos mág maar in Afrikaans “Halleluja”!
Maak seker jy kry die CD van “Koos van der Merwe sing Leonard Cohen in Afrikaans” in die hande, of probeer sy volgende vertoning bywoon.
Aardklop 2014: “Dogma” ontstel, trap op tone en laat jou dink
Dit sal moeilik wees om na Dogma te kyk sonder om iewers deur die stuk te voel of dit jou tone is wat raakgetrap word, ongeag jou geloofsoortuigings en kerk-assosiasie (of gebrek daaraan). Maar tog is dit juis wat die stuk probeer regkry, skryf Susan Lombaard.
Aardklop 2014: “Rondomskrik” konfronteer jou met rou emosie en harde werklikheid
“Rondomskrik” spreek ontstellende waarhede aan wat deel is van die realiteit van ʼn groot deel van ons land se inwoners.
Aardklop 2014: Vir ewig en altyd – ʼn meesterstuk in Afrikaanse teater
Die kombinasie van Marius Weyers en Sandra Prinsloo se talent, met ʼn uitstekend vertaalde teks en redigering deur Hennie van Greunen, het ʼn produksie tot gevolg wat die gehoor gevange hou vandat die eerste woord gespreek word tot met die onverwagse einde.
Aardklop 2014: Dié Poskantoor staak ook
“Poskantoor” word bemark as “die eerste Afrikaanse opera van die 21ste eeu”.
Aardklop 2014: Dowwe Dolla: vlymskerp humor wat jou laat nadink
In “ddbb… Dowwe Dolla betaal belasting” kan jy vir ‘n oomblik lag oor die belasting wat jy moet betaal, korrupte politici en ook ʼn bietjie vir jouself, skryf Burger Meyer.