Die Ekurhuleni-munisipaliteit het Dinsdag gesê ingenieurs werk al om die uur om elektrisiteitstoevoer na Brakpan in die Oos-Rand te herstel nadat ʼn brand by die Van Eckpark-substasie uitgebreek het.
Alles vir die sleutelwoord "Brakpan"
Hooggeregshof vir Jasmin Pretorius se saak
Die saak teen ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy Jasmin Pretorius, sy vierjarige broerskind in Brakpan verkrag en vermoor het, sal in die hooggeregshof aangehoor word, het EWN berig.
Ontvoerde baba tydens dwelmklopjag opgespoor
ʼn Twee maande oue baba wat in Januarie tydens ʼn kaping ontvoer is, is Vrydag by ʼn vrou in Brakpan opgespoor met 14 pakkies methcathinone (cat) in die baba se doek.
Jasmin-moord: Polisievoertuig bots buite hof
ʼn Polisievoertuig wat Maandag by die Brakpan-landdroshof na bewering gebruik is as ʼn lokvoertuig, was na die hofverrigtinge in ʼn ongeluk betrokke.
Jasmin-moord: Groot polisieteenwoordigheid by hof
Die 23-jarige oom van die vermoorde en verkragte Jasmin Pretorius (4) het Maandag vlugtig vir die derde keer in die Brakpan-landdroshof verskyn.
Jasmin-moord: Oom weer in hof
Die 23-jarige oom van die vermoorde en verkragte Jasmin Pretorius (4) verskyn Maandag vir die derde keer in die Brakpan-landdroshof.
Jasmin vandag veras
ʼn Privaat verassingsdiens word Donderdag vir die vierjarige verkragting- en moordslagoffer, Jasmin Pretorius, in Benoni gehou.
Jasmin-moord: Saak uitgestel
Die man wat daarvan verdink word dat hy sy vierjarige broerskind, Jasmin Pretorius, verkrag en vermoor het, het Dinsdag vlugtig in die Brakpan-landdroshof verskyn.
Jasmin-moord: Oom in hof
Talle mense, waarvan die meeste pienk T-hemde aangehad het, het Dinsdag by die Brakpan-landdroshof bymekaargekomvoor die hofverskyning van die man wat van die moord en verkragting van die vierjarige Jasmin Pretorius verdink word. Die verdagte is Jasmin se oom.
Video: Jasmin se ma te bang om gedenkdiens by te woon
Honderde mense het in Brakpan byeengekom om te treur oor die dood van die vierjarige Jasmin Pretorius, wie se oom daarvan beskuldig word dat hy haar verkrag en vermoor het.
Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif
ʼn Man wat van die moord en verkragting op die vierjarige Jasmin Pretorius van Brakpan in Gauteng verdink word, is na ʼn plek van veiligheid geneem ná hy doodsdreigemente ontvang het.
Video: Beskuldigde in hof oor Jasmin se moord
ʼn Man wat van die moord en verkragting van die vierjarige Jasmin Pretorius beskuldig word, het Maandag in die landdroshof in Brakpan verskyn.
Publiek skiet glo op drie ‘diewe’
Drie mans, wat glo ʼn American Swiss-winkel by Carnival Mall in Brakpan, Gauteng, beroof het, het ontsnap ná ʼn skietgeveg met die publiek.
Vier beseer toe treine bots
‘n Vrou is kritiek beseer en drie ander ernstig beseer toe twee goederetreine in Brakpan aan die Oos-Rand in Johannesburg gebots het.
Twee verdrink oor afstandbeheerde bootjie
Twee mans het Vrydag in ‘n dam naby Brakpan verdrink toe hulle ‘n klein afstandbeheerde bootjie wou terugkry.
Veiligheidswagte, polisiebeampte kritiek ná casino-roof
Agt mense is beseer nadat ʼn groep gewapende mans Maandagoggend die Carnival City-casino in Brakpan aan die Oos-Rand beroof het.