Tydens nagmaalsgeleenthede drink ons die vrug van die wingerd as simbool van die bloed van ons Here wat gestort is sodat ons kan lewe.
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Gedagte vir die dag: ʼn Herder wat jou naam ken
Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Ek ken my skape, en my skape ken My. (Johannes 10:3, 11, 14)
ToekomsVenster: Mag die Here vir ons vrede gee
Op ʼn dag besluit opstandelinge om alles met die grond gelyk te vee sonder enige respek vir die geskiedenis daarvan. Ek weet dis aardse dinge, ek weet die gebou het nie ewigheidswaarde nie, en tog, iets kosbaars het verlore gegaan.
Bittersoet beproewing
Word sukses gemeet aan die model kar waarmee jy ry of bloot net dat jy ’n kar het? As hy afbetaal is, nog beter. Of is sukses gelyk aan ’n graad met ’n bestuurspos by ’n bekende maatskappy?
Gedagte vir die dag: ’n Herder wat jou toekoms verseker
My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. (Johannes 10:27-29)
Gedagte vir die dag: U stok en u staf vertroos my
Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. (Psalm 23:4, Bybel in Afrikaans 1933/1953)
Gedagte vir die dag: ’n Herder wat jou dra
Soos ’n herder versorg die Here God sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie. (Jesaja 40:11)
ToekomsVenster: Bring aan die Here julle God die dankoffers wat julle belowe het!
Hy sien dwarsdeur ons ongemak en gee nie om om te help nie. Maak seker dat die Here jou lei om daardie belofte te maak en vra die genade om dit inderdaad na te kom.
Gedagte vir die dag: Bly op God se pad
Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ’n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” (Jesaja 30:21)
Gedagte vir die dag: ’n Herder wat jou lei
Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. (Psalm 23:3, Bybel in Afrikaans 1933/1953)
Gedagte vir die dag: ’n Herder wat jou siel verkwik
Die HERE is my herder. Hy verkwik my siel. (Psalm 23:1, 3, Bybel in Afrikaans 1933/1953)
ToekomsVenster: U magtige dade moet bekend gemaak word
Sy magtige dade verdien steeds om bekend gemaak te word. Die grootste daarvan sy onverstaanbare liefde vir mense wat dit nooit kan verdien nie. Vertel iemand vandag van Jesus.
Boek: My kreatiewe Joernaal-Bybel
“My kreatiewe Joernaal-Bybel” is ’n bron van vrede, vernuwing en inspirasie. Skep ’n unieke kleinood met jou persoonlike stempel wat jy en jou geliefdes geslagte lank sal koester.
Gedagte vir die dag: Jesus se lewende water
Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Johannes 4:13-14)
ToekomsVenster: Vrae wat bereid is om die pad na verstaan te loop
Dis ook ʼn tyd waarin ʼn mens moet vra hoe die Here jou wil toerus en gebruik om ʼn antwoord te wees op die vrae wat jy vrae. Ons gesindheid moet wees: “Hier is ek Here, stuur my.”
Nuwe kerke gaan Pretoria verander
Die evangelieboodskap is goed vir die stad Pretoria. Dit word die maklikste en doeltreffendste versprei deur die plant van nuwe kerke. As jy nie tuis voel of ingeskakel is by ’n kerk nie, is dit moontlik dat jy by ’n nuwe kerkplanting sal tuis voel.
Hoe maak mens: Bou so saam aan jou huwelik
In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Mia Slabbert met ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor hoe ek, die persoon onder die vinger, die oplossing kan wees en hoop kan bied vir ons huwelik.
Gedagte vir die dag: Waters waar daar vrede is
Die Here is my herder, Hy bring my by waters waar daar vrede is. (Psalm 23:1-2)
ToekomsVenster: Dit is mos nie regverdig nie
Die heerlikheid, almag en goedheid van die hemelse Vader gaan by hom verby. Tog is dit die dinge wat regtig waarde het. Die ander verteenwoordig skatte waar mot en roes verniel.
Gedagte vir die dag: Jesus se vrede
Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Johannes 14:27)