Ons is geneig om aan medelye op ’n negatiewe manier te dink. Ons dink gewoonlik aan hulle wat swaar kry en wat vertroos moet word. Dis goed en reg dat ons medelye met mense in nood moet hê. Ons is dit aan hulle verskuldig.
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Gedagte vir die dag: Volg die pad wat God aanwys
Die Here bepaal ’n mens se lewe. Hoe kan ’n mens verstaan wat met hom moet gebeur? (Spreuke 20:24)
ToekomsVenster: Medelydende gesag in goeie en slegte tye
Ons is medelydende mense – in goeie en slegte tye – want ons volg die impulse van die Hoof van die kerk, Jesus Christus. Hy laat ons treur saam met die wat treur. Hy maak ons bly saam met mense wat vreugde ervaar. Dit is medelydende geestelike gesag!
Gedagte vir die dag: Die plan
Ek weet wat Ek vir julle beplan het. (Jeremia 29:11)
ToekomsVenster: Medelye met sondaars
Die geloofsgemeenskap het die taak om vir mekaar verantwoordelikheid te neem. Ons kan nie die houding van Kain inneem deur te sê dat ons nie ons broer se wagter is nie.
Gedagte vir die dag: Elke liewe tree
Die Here gee my nuwe krag. Hy lei my op die pad van geregtigheid tot eer van sy Naam. (Psalm 23:3)
Gedagte vir die dag: Paaie van opregtheid
Ek sal jou leer hoe wysheid werk. Ek sal jou op die regte pad lei. (Spreuke 4:11)
Gedagte vir die dag: ’n Beplande pad
’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming. (Spreuke 16:9)
ToekomsVenster: Die groter prentjie
Dis hoekom ons mekaar vermaan en ophelp, want God wil nie hê dat een persoon verlore sal gaan nie. Sy bruid moet sonder vlek of rimpel wees – heilig.
Gedagte vir die dag: Gelei na heerlikheid
Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (Psalm 73:23-24)
ToekomsVenster: Bekwaam om reg te help
God gebruik ons om mekaar te vermaan. Hy verwag egter van elkeen wat ‘n ander reghelp om dieselfde maatstaf op homself en haarself toe te pas.
Die geleenthede wat hedendaagse krisisse ons bied
Op die keper beskou, is al die krisisse rondom ons geleenthede wat God aan ons bied en waarop ons geroepe moet wees om in gehoorsaamheid te reageer. Dit is goed om te weet dat God nie net die verskeie krisisse oor ons pad bring nie, maar ook vir elke krisis ʼn besondere uitkoms gee.
Gedagte vir die dag: Vertrou in onseker tye
Ek lei blindes op ’n nuwe pad, op paaie wat vir hulle onbekend is. Ek maak die donkerte voor hulle helder lig, en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen, en hulle nie alleen los nie! (Jesaja 42:16)
ToekomsVenster: Wagters met die regte gesindheid
Ons kan hierdie mense met harde dissipline probeer reghelp, maar dis nie die gesindheid wat hoort by die mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie. Paulus sê dat daar twee kenmerke is van mense wat ander reghelp.
Gedagte vir die dag: Tyd vir aanbidding
Daar kom ’n tyd, en dit het reeds aangebreek, wanneer die egte aanbidders die Vader vanuit ’n hegte verhouding met die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader verkies dat die mense Hom só aanbid. (Johannes 4:23)
ToekomsVenster: En as jou broer sondig
Dis die gesindheid! Ons is mekaar se wagters omdat ons besorg is oor iemand. Ons gebruik nie die Bybel as ’n stok om iemand te slaan nie, maar as ’n staf om mense terug na die Herder toe te lei.
Gedagte vir die dag: By sy voete
Loof die Here ons God! Aanbid Hom by sy voete, want Hy is heilig! (Psalm 99:5)
ToekomsVenster: Kyk, die vyand is aan die kom
God het jou as wagter vir jou medemens aangestel. Wat ‘n verantwoordelikheid!
Gedagte vir die dag: Verhewe
Ag, oppermagtige Here, U het die hemel en die aarde deur u groot krag en mag gemaak. Niks is vir U te moeilik om te doen nie! (Jeremia 32:17)
Gedagte vir die dag: Gebede van lofprysing
Dit is goed om die Here te dank, om u Naam te loof, Allerhoogste. (Psalm 92:2)