Die ANC het Sondagaand tydens ʼn mediakonferensie die uitkoms van die vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) bekendgemaak.
Lees meerAlles vir Sondag 20 Maart 2016
Betogers maak amok in Harties
Betogers het Sondagmiddag amok gemaak in Hartbeespoort in Noordwes.
Zuma ontken kabinetskommeling
Pres. Jacob Zuma het berigte dat hy aan sy kabinet gaan verander, ten sterkste ontken.
OB verder versoek ná Maseko-bewerings
Die openbare beskermer (OB) is gevra om haar ondersoek na pres. Jacob Zuma en die “Guptagate”-skandaal, wat deur die DA aangevra is, uit te brei ná die jongste bewerings van Themba Maseko.
Polisieman hou glo dwelms vir homself
ʼn Polisiebeampte wat daarvan aangekla word dat sy dade tot gevolg gehad het dat ʼn dwelmverwante saak teruggetrek is, hoop om ʼn pleitooreenkoms met die staat aan te gaan.
Vrou na SA gebring ná kameelperd-aanval
ʼn Amerikaanse toeris wat deur ʼn kameelperd in Zambië aangeval is, sterk in Suid-Afrika aan.
Egpaar sterf in gru-aanval
ʼn Egpaar, albei in hul laat 60’s, is dood gevind by hul huis in Ferryvale in Nigel aan die Oos-Rand.
Bloulig-botsing: Slagoffers se name bekend
Die name van die twee vroue wat Vrydagaand dood is in ʼn botsing met een van Senzo Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, se begeleidingsvoertuie, is bekend gemaak.
‘Guptas moet val’ eis betogers
ʼn Groep jong mense het Saterdag buite die St. George Hotel in Pretoria betoog waar die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) vergader.
Aanvallers skiet man dood op plaas
Boere van die Rookdale-omgewing naby Bergville in KwaZulu-Natal leef in vrees nadat een van hulle bure in ʼn tweede plaasaanval in ʼn week vermoor is.
Slagoffers van klere beroof op ongelukstoneel
Een persoon is Sondagoggend dood en drie is kritiek beseer in ʼn ongeluk in Crown Mines, Johannesburg.
‘Herroep Zuma’
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) moet die eerbare ding doen en pres. Jacob Zuma herroep.
Pa, seun sterf saam
ʼn Pa en seun is Saterdag dood toe hul boot op ʼn dam in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
Gedagte vir die dag: Paaie van opregtheid
Ek sal jou leer hoe wysheid werk. Ek sal jou op die regte pad lei. (Spreuke 4:11)