Twaalf skoonhede het vanjaar meegeding om die titel van Mej. Suid-Afrika 2016 en sy is Saterdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by Carnival City in Johannesburg gekroon.
Lees meerAlles vir Saterdag 19 Maart 2016
Man doodgeskok op Meyerton-plaas
ʼn 38-jarige man is Saterdag op ʼn plaas in Meyerton in Gauteng doodgeskok.
[Foto’s] Twee oorleef strand-noodlanding
Twee mense het Saterdag ʼn noodlanding van ʼn ligte vliegtuig op ʼn strand in Durban oorleef.
Video: Uitvlucht-lokprent amptelik vrygestel
Die skrywer, regisseur en vervaardiger Regardt van den Bergh se nuwe Suid-Afrikaanse film, Uitvlucht, word op 13 Mei landwyd uitgereik. Die amptelike lokprent van die fliek is pas vrygestel.
Tragedie op Vrystaat-plaas
ʼn Jong man is Saterdag op ’n plaas in die Vrystaat dood nadat hy in ʼn voermenger beland het.
Twee sterf in blouligbrigade-ongeluk
Senzo Mchunu, die premier van KwaZulu-Natal, het opdrag gegee dat ʼn ondersoek van stapel gestuur word nadat een van sy begeleidingsvoertuie, ʼn sogenaamde blouligbrigade-voertuig, in ʼn botsing betrokke was waarin twee vroue dood is.
Twee kritiek ná brand by gebou
Twee mense is in ʼn kritieke toestand na ʼn Johannesburgse hospitaal geneem nadat hulle vasgekeer was in ʼn brandende gebou in die stad.
Talle begrafnisgangers beseer in busongeluk
Altesaam 18 mense in ʼn bus onderweg na ʼn begrafnis is beseer toe die voertuig in Mpumalanga omgeslaan het.
Sewe beseer toe bussie koedoe op snelweg tref
Sewe mense is Vrydagmiddag beseer nadat ʼn bussie ʼn koedoe op die N4-snelweg naby Balmoral in Mpumalanga getref het.
62 sterf ná vliegtuig neerstort
Altesaam 62 mense aan boord ʼn vliegtuig van ʼn laekoste-lugredery is dood nadat ʼn Boeing 737-800 Saterdagoggend in die suide van Rusland neergestort het.
Pensioentrekker kritiek ná padwoede-aanval
ʼn 65-jarige man is Vrydag kritiek beseer nadat hy tydens ʼn vermeende padwoede-aanval met ʼn drinkglas aangerand is.
Oscar Pistorius-familie loof Valke wat ‘vryheidbedrieër’ vastrek
Oscar Pistorius se familie het die Valke bedank nadat ʼn man Vrydag in hegtenis geneem is wat homself as ʼn beampte van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) voorgedoen het en R250 000 omkoopgeld van Pistorius geëis het om sy moordsaak “te vernietig” en vryheid te waarborg.
‘Ontkennings sal Gupta-beweringe nie laat verdwyn nie’
Die VF Plus het gesê net soos met Nkandla, sal pres. Jacob Zuma wel agterkom dat ontkennings en stilswye nie die Gupta-beweringe sal laat verdwyn nie.
Oorname van Anglo-myne verwelkom
Die vakbond Solidariteit het die Mededingingskommissie se goedkeuring van Sibanye Gold se oorname van drie Anglo American Platinum- en Aquarius Platinum-myne verwelkom.
Man sterf in Middelburg-ontploffing
ʼn Man in sy 30’s is Vrydag in ʼn ontploffing by ʼn maatskappy in Middelburg, Mpumalanga, dood.
Gedagte vir die dag: ’n Beplande pad
’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming. (Spreuke 16:9)