Die Wes-Kaapse hooggeregshof het getuienis aangehoor van ’n forensiese wetenskaplike van die polisie rakende ʼn haar wat in Marli van Breda se hand gevind is.
Alles vir die sleutelwoord "eNuus"
Video: ‘Duisende kan hul werk verloor’
Duisende werknemers in die pluimveebedryf gaan ‘n onseker toekoms tegemoet met werkgewers wat toenemend sukkel om kop bo water te hou.
[Video] Baba Zoe sterk aan ná agt uur lange opehartchirurgie
Baba Zoe Menelaou herstel goed ná haar hartchirurgie. Sy is een van ʼn drieling wat met die hulp van ʼn surrogaat-ma vir ʼn gay egpaar van Pretoria gebore is.
Video: Suid-Afrikaner beloon vir mediese innovasie
Suid-Afrika het weereens bewys dat hy op die voorpunt van mediese innovasie is. ’n Vroeë waarskuwingstelsel vir asmalyers het die eerste prys in ‘n internasionale kompetisie losgeslaan.
Video: Parlementslede peper rugbybase met vrae
Suid-Afrika se rugbybaas, Mark Alexander, en die uitvoerende raad van SA Rugby moes bontstaan om vrae oor die Springbokke en transformasie te beantwoord toe hulle voor die Parlement se portefeuljekomitee oor sport verskyn het.
[Video] Vinnige styging in vleispryse verwag
Ekonome verwag ʼn vinnige styging in vleispryse omdat boere na verwagting daarop gaan fokus om hul kuddes aan te vul wat weens die droogte van kant gemaak moes word.
Video: Gay ouers vier surrogaat-drieling
ʼn Suid-Afrikaanse gay egpaar het wêreldwyd nuus gemaak toe hulle ʼn drieling ryker geword het met behulp van ʼn surrogaat-ma.
Video: Universiteite se geldsake is beroerd
Universiteite is nie finansieel gereed vir die nuwe akademiese jaar nie. Dit was van die onthullings tydens Statistieke Suid-Afrika se voorlegging in die parlement.
Video: Druk politici se koppe plat
Was jy al só gefrustreerd met die land se politieke situasie dat jy iemand wou knyp totdat hulle bykom?
Video: Kaylene wil graag dans
Die agtjarige Kaylene Crewe het ‘n seldsame niersiekte. Haar ouers, twee polisiebeamptes, vrees dat sy weer ‘n terugslag sal hê, omdat hulle dit nie finansieel kan bekostig nie.
[Video] Papegaaie is groot besigheid
Baie mense is mal daaroor om ‘n papegaai as troeteldier aan te hou. Veral wanneer dié slim voëls kan praat en geluide namaak. Maar daar is gevolge aan hierdie voorliefde.
Video: Noodwerkers betoog oor aanvalle
Wes-Kaapse nooddienste het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om aanvalle op mediese personeel te staak. Nooddienspersoneel van regoor die provinsie het ʼn optog in Philippi buite Kaapstad gehou, ná maande se wrede aanvalle op hul kollegas.
Video: SA boere in aanvraag in res van Afrika
Duisende Suid-Afrikaanse boere boer deesdae in verskeie Afrika-lande waar hulle jarelange ondervinding en vaardighede hoog aangeskryf word
Video: Sielkundige geskrap vir wangedrag
ʼn Sielkundige, wat ʼn ongekwalifiseerde persoon toegelaat het om sy werk vir hom te doen, is van sy lisensie gestroop. Die Raad vir Gesondheidsberoepe het Anton Dreyer skuldig bevind aan wangedrag.
Video: Groep veg vir dagga-reg
ʼn Groep Rastafariërs en ander dagga-gebruikers sê hulle gaan alles in die stryd werp om die gebruik van dié plant in Suid-Afrika te wettig.
Video: ‘Gordhan nie bo wet verhewe’
Pravin Gordhan, minister van finansies, is nie verhewe bo die wet nie, en moet hom onderwerp aan die Valke se gesag. Dít aldus minister Des van Rooyen, wat Gordhan betig het.
Video: Droogte nog lank nie verby nie
Die droogtedae in Suid-Afrika is nog lank nie getel nie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê daar’s geen groot hoop vir ‘n nat somerseisoen nie, en skryf dié nuus toe aan ‘n verandering in wêreldwye weerpatrone.
Video: Kokkedoor se kind Kokkedoortjie
Hulle is skaars hoër as ‘n stoof, maar dosyne voornemende jong sjefs het behoorlik die kombuis laat stoom. Dit was tydens die oudisies vir kykNET se nuwe realiteitsreeks, Kokkedoortjie.
Video: Is Eskom-hofuitspraak goeie nuus vir verbruikers?
Kragverbruikers juig na die uitspraak deur die Noord-Gautengse hooggeregshof dat Eskom se prysverhogings onregmatig was.
Video: Vaaldam-vlak skokkend
Die Vaaldam is net sowat 34% vol. Verlede jaar dié tyd was dit meer 75 persent vol, wat die voortslepende gevolge van die afgelope seisoen se droogte duidelik laat blyk.