‘n Boer wat in 2012 sowat ‘n miljoen rand gewen het in ‘n kompetisie vir landbou-entrepreneurs ploeg dié geld nou terug in ‘n projek om na haar werkers se kinders te help omsien.
Alles vir die sleutelwoord "eNuus"
[Video] Waterbeperkings geld steeds in Wes-Kaap
Die Wes-Kaapse regering sê die streng waterbeperkings wat reeds in die provinsie geld, gaan voortduur. Dít ondanks goeie reënval op plekke die afgelope naweek.
[Video] Biblioteek, sopkombuis in agterplaas
‘n Inwoner van die Kaapse Vlakte bedryf ‘n biblioteek uit ‘n motorhuis in sy agterplaas.
[Video] Gesin kweek bielie van ʼn pampoen
ʼn Gesin van Pretoria het onlangs met die prys weggestap op die jaarlikse Goliat van Gat-pampoenkompetisie nadat hulle een van die grootste pampoene nóg in Suid-Afrika gekweek het.
[Video] ‘Elke dag is ʼn geskenk’ sê seun na fratsongeluk
‘n Skoolseun wat ná ‘n fratsongeluk in die see twee weke gelede gedeeltelik verlam is, sê hy bly positief.
[Video] Duisende bid vir leierskap en reën by Voortrekkermonument
Duisende mense het by die Voortrekkermonument saamgekom om Geloftedag te vier. Daar is vanjaar spesifiek gebid vir verantwoordelike politieke leierskap en reën.
[Video] Keer só dat jy gekaap word
Teendiefstaltegnologie in motors beteken misdadigers probeer nou eerder voertuie kaap as steel. Opsporingsmaatskappye waarsku motoriste om paraat te wees om kapings te verhoed.
[Video] Nuwe lewe vir hawelose na goeie daad
‘n Hawelose man van Kaapstad se goeie daad het sy lewe handomkeer verander.
[Video] Kovsies gaan standbeelde verwyder
Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, het ingestem om ‘n proses van stapel te stuur om die standbeelde van oudpresidente MT Steyn en CR Swart van die Kovsie-kampus te verwyder.
[Video] ‘Wat beurs vir my beteken’
Aansoeke vir eNuus en Akademia se studiebeurse vir 2016 sluit Vrydag. Een van die vorige beurswenners het aan eNuus verduidelik wat die beurs wat vir haar beteken.
[Video] Onnie glo vermoor oor verdagte dwelmhandelaar skuld
Die man wat teregstaan vir die moord op die onderwyseres Lindie Bosch-Jansen wou haar glo beroof omdat hy na bewering ‘n Nigeriese dwelmhandelaar geld geskuld het, het die landdroshof in Bela-Bela gehoor.
[Video] Nuwe Graskoue Trappers bekoor gehoor
Die Nuwe Graskoue Trappers, ’n tradisionele rieldansgroep uit die Wes-Kaap, ervaar beslis ʼn goeie jaar.
Werk saam aan hierdie ‘magtige dreuning’
Een van die kriteria wat politieke wetenskaplikes gebruik om state te klassifiseer, is na gelang van hul doeltreffendheid. Vier kategorieë kan onderskei word, en daardie klassifikasie is relevant wanneer ’n mens die Solidariteit Beweging se pas bekendgemaakte Helpmekaarplan wil beoordeel.
[Video] ʼn Hond se beste vriend
‘n Man van Centurion wat dit sélf glad nie breed het nie en in ‘n lendelam plakkershut bly, deel elke dag sy karige bord kos met minstens nege honde wat hy versorg.
[Video] Skinny die motorfietswaaghals
Suid-Afrikaanse motorfietswaaghalse is omtrent so skaars soos hoendertande en daar is selfs nog minder vroue wat dié sport aandurf. Skinny van Schalkwyk is een van hulle.
[Video] Landwye patrollies dié naweek gereël
AfriForum beplan om die naweek meer as 3 000 mense landwyd in te span om patrollies in hul woonbuurte te doen as deel van sy veldtog genaamd Operasie Misdaadvry.
[Video] Ontmoet die Italianer wat Boere-geskiedenis bewaar
‘n Italiaans-gebore Suid-Afrikaner is die trotse eienaar van ‘n versameling ossewaens, implemente en ander plaaslike oudhede.
[Video] Jong karatekas blink uit in Indië
’n Groep jong karatekas het bewys hulle het dié sport bemeester. Die Suid-Afrikaanse span het van die Statebondspele in Indië teruggekeer met 14 medaljes.
[Video] Voëlvryfees op Erfenisdag
Kunstenaars doen deesdae te min om musiek in te span om maatskaplike euwels aan die groot klok te hang.
[Video] Voortrekkers wil positiewe burgerskap aanmoedig
Die Voortrekkers se studentetak, die Staatmakers, het Erfenisdag gevier deur die 27 verslete landsvlae by ’n oorgang naby Atterburyweg in die hoofstad met splinternuwes te vervang.