Die supersoniese motor bekend as die ‘Bloodhound’ is binnekort op pad na Suid-Afrika waar die Britse span met plaaslike kenners gaan kragte saamspan om te probeer om ʼn spoed van meer as 1 600 kilometer per uur op Hakskeenpan in die Noord-Kaap te haal.
Alles vir die sleutelwoord "eNuus"
Meisies wil verskil maak in Manenberg
‘n Groep jong meisies van Manenberg is gereeld die ooggetuies van bendegeweld.
Video: Fynproewers smul aan krieke, miere en wurms
Kriek-crostini, bros mieliewurms en selfs miere met ’n sjokoladelagie. Dít is slegs ʼn paar van die peuselhappies wat vroeër vandeesweek beskikbaar was by die opwip-restaurant in Johannesburg wat ook bekend staan as ʼn Pestaurant.
Video: Gevalle soldate gedenk
Die Raad vir Militêre Veterane-organisasies het vanjaar vir die eerste keer ʼn gedenkdiens vir soldate wat tussen 1961 en 1994 dood is gehou op 31 Mei by die Voortrekkermonument in Pretoria.
Video: Drie aangekla oor suur in Nylrivier
‘n Saak van nalatigheid in terme van die Wet op Rampbestuur is teen drie personeellede van die Modimolle plaaslike- en Waterbergdistriksmunisipaliteite aanhangig gemaak.
Goeie nuus: Boerderye steeds winsgewend te midde van onsekerheid in landboubedryf
Die onsekerheid in die landboubedryf ten spyt, glo talle boere steeds dit is winsgewend om te boer.
Franschhoek-moord: Inspeksie ter plaatse op wynlandgoed
‘n Verwarmer het ‘n sleutelrol gespeel in die verhoor van Johan du Toit wat vermoedelik sy vrou bykans vyf jaar gelede op ‘n bekende wynlandgoed vermoor het.
Goeie nuus: Plaaskinders kry mobiele biblioteek
Plaaskinders van die Rawsonville-omgewing in die Wes-Kaap het toegang tot 5 000 boeke en rekenaars te danke aan ʼn mobiele biblioteek wat deur wynkelders in die omgewing geskenk is.
Video: Nuwe boere benodig opleiding
Die African Farmers’ Association of South Africa (AFASA) stel voor dat ’n databasis van voedselprodusente landwyd saamgestel word sodat nuwe boere die nodige steun kan kry.
Video: Komberse vir die winter
ʼn Groep flukse oumas van Kaapstad gebruik hul breipenne hierdie winter vir méér as net truie brei vir hul kleinkinders.
Video: ‘Dis nie ‘n doodsvonnis’
‘n Parkinson-lyer sê hy wil aan ander soos hy bewys dié siekte hoef nie ‘n doodsvonnis te wees nie.
Video: Petroljoggie se eerlikheid beloon
Wat sy nié geweet het nie, is dat ʼn petroljoggie dit sy plig geag het om die tas én die inhoud vir haar veilig te hou.
Video: Kaapse kindermusikante op pad na ‘Kinder Nobelprys’
‘n Groep talentvolle kindermusikante van Kaapstad se armste gemeenskappe vlieg eersdaags Swede toe.
Video: Boere maak al meer staat op tegnologie
Jong boere sê hulle moet al hoe meer diversifiseer, en verskeie boerderye bedryf om winsgewend en volhoubaar te kan boer.
Video: Sinoville-krisissentrum, storie van sukses
Die Sinoville-krisissentrum is in sy vyftiende bestaansjaar en het in dié tyd reeds meer as 34 000 slagoffers van misdaad met traumaberading bygestaan. Daar is 40 beraders by die sentrum wat hulle hulp gratis aanbied.
Video: Dansers van oor die hele wêreld te sien in ‘Swanemeer’
Altesaam 80 plaaslike en buitelandse dansers is tans in die bekende ballet, Swanemeer, by die Joburg-teater te sien.
Video: Rawsonville-moord: ‘Ons weet wie is die moordenaar’
Die beskuldigde in die moord op ‘n bekende boervrou van Rawsonville het by monde van sy prokureur sy misnoeë uitgespreek omdat die saak herhaaldelik vertraag word.
Video: Skoolvlak-wiskunde ʼn fokuspunt
Die Virseker-trust het meer as R1 miljoen aan die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers toegeken.
Prysgeld ter waarde van meer as R1,2-miljoen op die spel vir entrepreneurs
Akademia het onlangs die Akademia Sakeplankompetisie vir 2015 met ’n prysgeld ter waarde van meer as R1,2 miljoen rand tydens ʼn sake-ontbyt by die Guardian Peak-wynkelder in Stellenbosch van stapel gestuur.
Video: Bekende Lego-uitstalling in Johannesburg
Die bekendste Lego-uitstalling ter wêreld, “Art of the Brick”, was in Rosebank in Johannesburg te sien. Die uitstalling was vroeër ook te sien in Kaapstad.