Te midde van ‘n vuurwarm debat en moontlike hofsaak oor die rol van godsdiens in staatskole het onderwyskenners gepleit vir groter fokus op etiek en morele waardes in die klaskamer.
Alles vir die sleutelwoord "eNuus"
Video: “Beperk vermorsing”
Vrese oor ‘n resessie is afgeweer, maar Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het met ‘n skamele 0,6% gestyg in die tweede kwartaal.
Video: Brandstofselle voorsien dorpie van krag
Naledi Trust buite Kroonstad in die Vrystaat het die wêreld se eerste dorpie geword wat geheel en al deur brandstofselle van krag voorsien word.
Video: Banke ontsteld oor Moody’s se besluit
Die Reserwebank is bitter ontsteld daaroor dat die graderingsmaatskappy Moody’s die vier groot banke met een kerf afgegradeer het.
Video: Plaaswerkers word bemagtig
Die Du Toitskloof-wynkelders is ‘n groep van Fairtrade-geakkrediteerde plase.
Video: Boere wat besoedel dalk hof toe gesleep
Die departement van waterwese en sanitasie dreig om plaaseienaars én selfs munisipaliteite hof toe te sleep wat bydra tot die besoedeling van riviere.
Video: Skikking kom 18 jaar ná slaggat-ongeluk
Annemarie Jacobs is al sedert 1996 in ‘n regsgeding met die Tshwane-metroraad gewikkel, nadat sy deur ‘n slaggat gery het wat oor die breedte van een motorbaan gestrek het.
Video: “Ek soek werk”
Meer as ‘n kwart van Suid-Afrika se ekonomies aktiewe bevolking het nie werk nie.
Video: ‘n Dag in die lewe van ‘n veldwagter
SANParke sê sy veldwagters baklei met beperkte hulpbronne teen ‘n oormag stropers en ryk sindikate.
Video: Barmhartige samaritaan stap ver vir navorsing
Oud-president Nelson Mandela en Joost van der Westhuizen is albei op Mandeladag vereer deur ‘n man wat gaan geld insamel vir navorsing oor motorneuronsiekte.
Video: Wit boere kan ook grond eis
Wit boere wie se grond jare gelede deur die apartheidsregering onteien is, kan nou óók eise daarvoor indien.
Video: “Sanral gebruik vrees as bemarkingstrategie”
Motoriste in Gauteng is erg ontsteld oor die Nasionale Vervolgingsgesag en Sanral se jongste strategie.
Video: Meer as 5km se spoorstawe gesteel
Meer as 30 splinternuwe treinwaens gaar stof nadat sowat vyf kilometer se spoorstawe gesteel is.
Video: “Die boerdery is lekker”
Terwyl statistieke oor die regering se grondhervormingsprojekte nie goed lyk nie, glo ‘n Vrystaatse landboumaatskappy hy het ‘n werkbare model ontwikkel om ‘n sukses daarvan te maak.
Video: Spogplase verwaarloos, grond lê braak
Duisende hektaar grond wat in Mpumalanga ná grondeise deur die staat gekoop is, lê braak.
Video: “Alles sal beter gaan”
‘n Dapper Corra Stiglingh het aan eNuus gesê sy hoop sy kan haar verkragters, Andries Mokataka en Solomon Mojaki, eendag vergewe.
Video: “Diere sou dit nie eers gedoen het nie”
Die twee mans wat ‘n boer van Ventersdorp verlede jaar vermoor en sy vrou verkrag het, is lewenslank tronk toe gestuur.
Video: Solidariteit pak polisie oor regstellende aksie
Daar word vir die eerste keer in die arbeidshof geveg teen ‘n regstellende aksie-plan in sy geheel; pleks van bloot net die toepassing daarvan.
Video: “Wag hulle vir babas om dood te gaan?”
Inwoners van verskeie dorpe in Mpumalanga waarsku dat ‘n waterkrisis daar dreig. Rioolvuil loop in verskeie riviere in dié provinsie in.
Video: “Die stelsel stort in duie”
Dringende ingryping is glo nodig in die Vrystaatse gesondheidsdepartement as die totale ineenstorting van dienste daar voorkom wil word.