Die boere van die Cullinan-omgewing, oos van Pretoria, leef in vrees nadat een van hulle bure in ‘n tweede plaasaanval binne een week vermoor is. Das Venter wou homself en sy gesin beskerm teen vier inbrekers toe hy ses keer geskiet is.
Alles vir die sleutelwoord "eNuus"
Video: Matrikulante opgewonde oor die toekoms
Gauteng se matrikulante is derde in die land met ‘n slaagsyfer van 87%.
Jasmin-moord: Oom in hof
Talle mense, waarvan die meeste pienk T-hemde aangehad het, het Dinsdag by die Brakpan-landdroshof bymekaargekomvoor die hofverskyning van die man wat van die moord en verkragting van die vierjarige Jasmin Pretorius verdink word. Die verdagte is Jasmin se oom.
Video: Jasmin se ma te bang om gedenkdiens by te woon
Honderde mense het in Brakpan byeengekom om te treur oor die dood van die vierjarige Jasmin Pretorius, wie se oom daarvan beskuldig word dat hy haar verkrag en vermoor het.
Nico Henning-borgtogverhoor uitgestel
Nico Henning, die vermoorde Chanelle Henning se vervreemde man, se borgtogverhoor is Dinsdag in die Pretoria-streekshof uitgestel.
Nico Henning hoor dalk vandag oor borgtog
Nico Henning, die vermoorde Chanelle Henning se vervreemde man, verskyn vandag in die hof waar hy na verwagting gaan aansoek doen om borgtog.
Video: “Ek sou enigiets doen vir Nico Henning”
André Gouws, een van die mans wat skuldig bevind is aan die moord op Chanelle Henning, het Donderdag huilend in die hooggeregshof gesê Nico Henning het hom aangesê om haar te vermoor.
Nico Henning in hof oor vrou se moord
Nico Henning, die vervreemde man van die vermoorde Chanelle Henning, het Vrydag in die Pretoriase streekshof verskyn op aanklagte van haar moord.
Chanelle Henning-moordsaak: Nico gee homself glo oor
Nico Henning, die vervreemde man van die vermoorde Chanelle Henning, en sy prokureur het Vrydagoggend omstreeks 07:30 by die Villieria-polisiestasie opgedaag waar hy homself na verwagting aan die polisie gaan oorgee.
Chanelle Henning-saak: “Nico het my gehuur”
André Gouws, een van die mans wat skuldig bevind is op Chanelle Henning se moord, het Donderdag tydens sy vonnisoplegging in die Pretoriase hooggeregshof erken dat Henning se man, Nico, die meesterbrein van haar moord is.
Henning-moordsaak: Vonnisoplegging hervat
Die vonnisoplegging van twee mans, wat skuldig bevind is oor hul betrokkenheid by die moord op Chanelle Henning, hervat vandag in die Pretoria-hooggeregshof.
Video: Bekende kunswerk weer terug op eie bodem
Een van Suid-Afrika se mees ikoniese skilderye, Vladimir Tretchikoff se “Chinese Girl”, is terug in die land.
Video: Welkom-moord: “Verswarende omstandighede oorweldigend”
Carmen van der Westhuizen se moordenaar gaan tronk toe en sal 25 jaar moet wag voordat hy kan aansoek doen vir parool.
Video: Nuwe wending in Chanelle Henning-hofsaak
Twee jaar ná die moord op Chanelle Henning wil een van haar moordenaars, André Gouws, nou praat – en haar vervreemde man is glo deel van dié bekentenis.
Video: Vrystaat-moord – “Skuldig”
Die 23-jarige man wat aangekla is van die moord en seksuele aanranding op ‘n ma van twee is skuldig bevind – skaars drie dae nadat sy verhoor begin het.
Video: Welkom-moord: “Een van die grusaamste moorde wat ek nog gesien het”
Die staat het Paul Nqakalatsane se verweer dat hy Carmen van der Westhuizen uit selfverdediging doodgemaak het, uitmekaar geruk.
Video: Welkom-moordslagoffer se man getuig
‘n Vrystaatse pa het emosioneel getuig hoe hy op sy vermoorde vrou se lyk afgekom het.
Video: Sewejarige vereer vir bewaringswerk
‘n Sewejarige dogtertjie trap reeds diep spore om renosters te help red.
Video: SAS Spioenkop voltooi sending
Die Suid-Afrikaanse Vloot glo hy het oor die afgelope maand en ‘n half sy reeds gevestigde verbintenis met sy buurlande versterk.
Video: Opruiming begin ná Kaapse vloede
Die Wes-Kaapse regering sê dis nog te vroeg om te bepaal presies hoeveel skade die naweek se oorstromings in die provinsie aangerig het.