Die gevolge van die voortslepende Amcu-staking in die platinummynbedryf kring al wyer uit.
Alles vir die sleutelwoord "eNuus"
Video: Magstryd in DA
Politieke ontleders het gesê dat Lindiwe Mazibuko se bedanking as die DA se parlementêre leier die verlies aan ‘n sterk politieke leier beteken, en die soeklig op Helen Zille se leierskapstyl plaas.
Video: Boere soek vergoeding vir plaasaanvalle
Boere van die Brits-omgewing wil finansiële vergoeding van die regering eis vir gesinne wat deur plaasaanvalle geraak is.
Video: Asma is ten volle beheerbaar
Die nasionale asma-opvoedingsprogram sê dié siekte neem plaaslik toe. Daar is byna vier miljoen lyers in Suid-Afrika en een uit elke vyf skoolkinders toon die simptome.
Video: “Dis tyd vir verandering”
Babas wat in 1994 gebore is, word vanjaar saam met Suid-Afrika se demokrasie 20 jaar oud.
Video: “Geskiedenis moet gedenk word”
Die gewildheid van die jaarlikse militêre- en geskiedenisfees by die Voortrekkermonument wys die geskiedenis moet gedenk word.
Video: Opposisiepartye ontstoke nadat Nkandla-komitee ontbind
Opposisiepartye is ontstoke nadat die parlementêre ad hoc-komitee wat die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag moes oorweeg, se werk tot ‘n halt geroep is.
Video: Pretorianer se fliek-droom word waar
‘n Jong man van Pretoria wat sy lewe lank al droom om sy stempel af te druk op die internasionale vermaakliheidsbedryf het nou die geleentheid om saam met van die wêreld se bekendste rolprentsterre te werk.
Video: Aanhouer wen
Van ‘n kamer in ‘n woonstel tot twee volwaardige sakepersele in Kaapstad én Centurion.
Video: Gerrie Nel bevraagteken getuie se integriteit
Staatsaanklaer Gerrie Nel het die verdediging se tweede deskundige-getuie, Roger Dixon, se getuienis in Oscar Pistorius se moordverhoor uitmekaar getrek.
Video: EFF soek stemme by plaaswerkers
Die Ekonomiese Vryheidsvegters vry na die stemme van Wes-Kaapse plaaswerkers.
Video: Skaaphond snuffel brulpaddas uit
Plaaslike grootbrulpaddas kry eersdaags beskerming uit ‘n onverwagse oord.
Video: Nuwe middel teen osteo-artritis
Miljoene Suid-Afrikaners ly aan osteo-artritis en ‘n middel om dié toestand beter te behandel, is nou ook op plaaslike apteekrakke beskikbaar.
Video: “Pil verhoog nie bloedklont-risiko”
‘n Groep ginekoloë vat diegene aan wat beweer dat die voorbehoedmiddel, bekend as die pil, die risiko vir bloedklonte sodanig verhoog dat dit nie gebruik moet word nie.
Video: Duisende Toyotas in SA herroep
Duisende Toyotas in Suid-Afrika gaan na verwagting herroep word.
Staat moet tot verantwoording teenoor burgers geroep word
Die vakbond Solidariteit het Donderdag ʼn werkgroep oor verantwoordbaarheid binne die Solidariteit Navorsinginstituut (SNI) aangekondig. Die werkgroep is in die lewe geroep as gevolg van Solidariteit se toenemende bekommernis oor die algehele gebrek aan verantwoordbaarheid binne die regering.
Video: Jannie Moolman steeds in koma
Die bekende Afrikaanse en operasanger Jannie Moolman is steeds in ‘n koma in ‘n Johannesburgse hospitaal. Dít ná hy die naweek erg beseer is tydens ‘n rampartytjie by ‘n kuierplek in Hartbeespoortdam. Weens die aard van sy beserings, word die moontlikheid nou ondersoek dat Moolman aangerand is.
Video: Verkragter vra om verskoning
Die Oos-Kaapse hooggeregshof het Xolile Tose (33) tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n sesjarige meisie. Sy is so erg beseer dat sy permanent ‘n kolostomiesakkie moet dra.
Video: Minister beskuldig boere van rassisme
Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het weer te velde getrek teen Wes-Kaapse boere.
Video: Nkandla-verslag opgesom
Die Openbare Beskermer het Woensdag in ‘n verdoemende verslag oor die veiligheidsopgradering van president Jacob Zuma se privaatwoning by Nkandla, bevind dat wanadministrasie en onbehoorlike gedrag plaasgevind het.