ʼn Olifant is vir die eerste keer in ʼn dekade in die Pafuri-streek in die Kruger-wildtuin gestroop.
Lees meerAlles vir Donderdag 15 Mei 2014
Vakbond begin nuwe politieke party
Die vakbond Numsa het Donderdag aangekondig hy gaan ʼn nuwe politieke party vir werkers op die been bring.
Student beseer toe hy onder trekker beland
ʼn 19-jarige student aan ʼn skool in Mooirivier, KwaZulu-Natal, is ernstig beseer nadat hy Donderdagmiddag onder ʼn trekker beland het.
Dwelmmuil se baba keer terug na Suid-Afrika
‘n Suid-Afrikaanse dwelmmuil se nege maande oue baba wat in ʼn tronk in Brasilië gebore is, is Donderdag na Suid-Afrika teruggebring.
Video: Aandklasse word dalk afgeskaf ná Matie-student se aanval
Aandklasse en -eksamens gaan moontlik by die Universiteit van Stellenbosch in die Wes-Kaap afgeskaf word nadat ʼn student na-ure ontvoer en aangerand is. ‘n Video waarin die student oor die voorval gesels, volg onderaan die berig.
Gramadoelas-gasteboeke aan museum verkoop
Die gasteboeke van die Gramadoelas-restaurant in Johannesburg is vir R200 000 aan ‘n museum verkoop.
Griekwastad-moorde: “Mans mag nie huil nie”
Die Noord-Kaapse hooggeregshof hoor tans getuienis aan ter versagting en verswaring van die vonnis van die 17-jarige wat skuldig bevind is aan die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin op 6 April 2012.
Video: Anneli van Rooyen besoek skool wat Afrikaans laat lewe
Anneli van Rooyen, die beminde Afrikaanse sangeres, het Donderdag by Laerskool Arcadia in Pretoria gaan kuier om te hoor hoe veeltalige leerlinge aan dié skool haar gewilde treffer, Ek Lewe, sing.
Videowebtuiste van skoolgevegte ‘hits geweld aan’
‘n Webtuiste wat video’s van gevegte tussen skoolkinders oplaai hits openbare geweldpleging aan en moet onmiddellik verwyder word, sê ‘n opvoedkundige sielkundige aan die Universiteit van Pretoria.
Video: Huishulp vergiftig glo gesin
Mandy de Lange, ʼn inwoner van Umhlanga in KwaZulu-Natal, se huishulp is in hegtenis geneem nadat sy glo De Lange en haar vier kinders probeer vergiftig het.
Regering vat OB hof toe oor Nkandla-verslag
Ministers in die veiligheidsgroepering het Donderdag aangekondig dat hulle aansoek gaan doen dat die omstrede Nkandla-verslag van die Openbare Beskermer onder geregtelike hersiening in die hooggeregshof geneem word.
Tetelestai- Rudi Muller
Hoewel Rudi Muller hoofsaaklik as ‘n kommersiële Afrikaanse sanger bekendheid verwerf het, het hy twee jaar gelede sy eerste Christelike album, Deurbraak vrygestel. Hierdie album,…
Kragnetwerk onder druk, beurtkrag moontlik
Eskom sê die kragnetwerk is onder druk en het ‘n beroep op verbruikers gedoen om hul kragverbruik aansienlik te verminder ten einde beurtkrag te probeer vermy.
Man in kapingsvideo dalk Vrydag ontslaan
Die man wat Dinsdagaand in die oprit van sy huis in Alberton deur kapers geskiet en gekaap is, gaan moontlik Vrydag uit die hospitaal ontslaan word.
Presidensiële inhuldiging: Regering swyg oor kostes
Collins Chabane, die minister van die presidensie, wou Donderdag nie die kostes van president Jacob Zuma se inhuldiging op 24 Mei bekend maak nie, maar het gesê dit sal goedkoper wees as die geleentheid vyf jaar gelede, toe Zuma vir die eerste keer ingesweer is.
Uitdrukking: Korrelkop
Waarom noem ons ‘n koppige, rusiemakerige persoon ‘n “korrelkop”? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Video: Heldhaftige kat red seuntjie toe hond hom aanval
Die Triantafilo-gesin se kat is nou ʼn internetsensasie en ʼn held nadat hy die vierjarige Jeremy gered het toe ʼn hond hom aangeval het. Die video is die afgelope 24 uur reeds meer as 5.2 miljoen keer gekyk.
Polisiebrutaliteit-video: Beampte ontslaan
Ao. David Alexander Gunn (43), een van die polisiebeamptes wat in Kaapstad afgeneem is terwyl hulle ʼn naakte man aangerand het, is uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontslaan.
Amcu sê staking gaan voort
Amcu-leiers het beloof om voort te gaan met die verlammende staking in die platinumbedryf te midde van ‘n aantal werknemers wat begin terugkeer het werk toe.
EFF stap uit regstreekse TV-uitsending
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Donderdag tydens ʼn regstreekse televisie-uitsending van ʼn ontbytinligtingsessie van The New Age-koerant uitgestap, aangesien hulle voel hulle is “geflous” om dit by te woon.