Soos ʼn baie groot bom met ʼn lont wat vreeslik stadig brand, ontvou ʼn verhaal van hoe pres. Jacob Zuma glo die land se geheime dienste ingespan het om ʼn teenvoeter vir AMCU te skep om die vakbond te destabiliseer.
Alles vir die sleutelwoord "Marikana"
Regering gereed om Marikana-eise te betaal
Die presidensie het Sondag gesê die regering is gereed om vergoeding aan die slagoffers van die geweld in Augustus 2012, by die Lonmin-platinummyn in Marikana naby Rustenburg in Noordwes, te betaal.
Veiligheidswagte tydens transitorooftog beseer
Twee veiligheidswagte is Vrydag beseer toe gewapende mans in Marikana, oos van Rustenburg in Noordwes, op ʼn transitovoertuig losgebrand het.
EFF skenk R1 miljoen vir Marikana-fonds
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sal R1 miljoen vir die Marikana-slagting-Amcu-trustfonds skenk, het die leier van die party, Julius Malema, Dinsdag gesê.
[Video] ‘Ons eet die ANC-olifant happie vir happie’
Julius Malema, leier van die EFF, het Dinsdag tydens die vierde herdenking van die Marikana-slagting gesê “Jesus het in Rustenburg gearriveer” en die Madibeng-munisipaliteit sal nooit weer aan die ANC behoort nie.
ANC-plakkate, T-hemde in Marikana verbrand
Lede en ondersteuners van die ANC het Vrydag T-hemde en plakkate van die party in Maditlhokwa naby Marikana in Noordwes aan die brand gesteek.
Lonmin-werker sterf in Marikana
Die mynmaatskappy Lonmin ondersoek die afsterwe van ʼn werker by sy Rowland-skag in Marikana naby Rustenburg in Noordwes.
Kampusgeweld kan lei tot tweede Marikana
Die huidige vlaag studente-protesaksies toon direkte ooreenkomste met die Marikana-insident van Augustus 2012. Indien die studente-protesleiers voortgaan om kwaad te stook en geweld en anargie te verromantiseer, kan dieselfde tragiese gebeure as tydens die Marikana-insident ook op kampusse afspeel.
Opod bring kriminele aanklag teen Phiyega
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het ʼn kriminele saak teen die geskorste nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en die voormalige Noordwes-polisiekommissaris oopgemaak teen die Marikana-slagting.
Marikana-huise: Inwoners glo verjaag
Inwoners van Marikana in Noordwes wat verlede week huise as deel van die ANC se 104de verjaardagviering ontvang het, word glo gedreig en geïntimideer.
Lasbrief vir Ramaphosa oor Marikana-skietery
ʼn Lasbrief is op adjunkpresident Cyril Ramaphosa bedien wat spruit uit die Marikana-tragedie, het die presidensie bevestig.
Grondbesetters in Marikana eindelik verwyder
Teen Woensdag is die balju saam met polisiebeamptes na die gebied om die onwettige besetters te verwyder. “Die probleem is dat die getal strukture binne vyf dae van drie tot 57 gegroei het,” het Pawson gesê.
UK deur Marikana-betogers geteiken
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het oor die naweek deurgeloop onder ʼn anonieme graffiti-groep genaamd Tokolos Stencil Collective.
Marikana-mynwerkers stel reuse-eis in
“Ons het eise vir 336 mense ingedien.”
‘Maak 16 Augustus ‘n vakansiedag’
Mynwerkers wat die skietery by Marikana in 2012 oorleef het, eis dat 16 Augustus as ʼn nasionale vakansiedag verklaar word.
Marikana-families eis vergoeding van minister
Die families van die 37 mynwerkers wat in Augustus 2012 by Marikana doodgeskiet is, het siviele eise teen die minister van polisie by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.
Presidensie ontvang reaksie oor Phiyega se geskiktheid
Die presidensie het die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, se reaksie ontvang in antwoord op ʼn vraag oor haar geskiktheid om haar pos te beklee.
Vier vas oor lyk in veld
Vier mans is naby Brits in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn man in Marikana, het die polisie in Noordwes gesê.
Marikana-mynwerkers dreig om huise onwettig te beset
Mynwerkers in Marikana dreig om huise onwettig te beset aangesien hulle van mening is die huise is vir hulle gebou.
EFF kla Ramaphosa van moord aan
Julius Malema, leier van die EFF, en ʼn afvaardiging het Vrydagmiddag verskeie klagtes van onder meer moord teen ses mense, waaronder adjunkpres. Cyril Ramaphosa, aanhangig gemaak.