Omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid. (Rom 8:17)
Alles vir die sleutelwoord "Nina Smit"
Gedagte vir die dag: Jou liefde moet meer word
Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees. (Fil 1:9-10)
Gedagte vir die dag: Die openbaring van God se liefde
God is liefde. Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. (1 Joh 4:8-9)
Gedagte vir die dag: Die Verlosser word gebore
“Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” (Luk 2:9-11)
Gedagte vir die dag: Verbly julle in die hoop
Verbly julle in die hoop. Rom 12:12
Gedagte vir die dag: Jesus, die Ligbringer
Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede. (Luk 1:78-79)
Gedagte vir die dag: Gehoorsaamheid, vrede en vreugde
Die koninkryk van God is nie ’n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder. (Rom 14:17, 19)
Gedagte vir die dag: Immanuel, God by ons
Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken God by ons. (Matt 1:23)
Gedagte vir die dag: Om die onsigbare te sien
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. (Ef 1:18-19)
Gedagte vir die dag: Toevlugsoord in swaarkrytye
Die Here is goed, Hy is ’n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil. (Nah 1:7)
Gedagte vir die dag: Lewe en lig
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis en die duisternis kon dit nie uitdoof nie. (Joh 1:1, 4-5)
Gedagte vir die dag: Jesus versoen mense met mekaar
Deur sy dood aan die kruis het Hy ’n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig. Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader. (Ef 2:16, 18)
Gedagte vir die dag: Leef in vrede met alle mense
As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. (Rom 12:18)
Gedagte vir die dag: Hou vas aan die goeie
Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. (Rom 12:9)
Gedagte vir die dag: Die koms van die Lig
Die volk wat in donkerte geleef het, het ’n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het ’n lig geskyn. (Jes 9:1)
Gedagte vir die dag: Moenie moed opgee nie
Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. (2 Kor 4:16-17)
Gedagte vir die dag: ’n Lig vir die nasies
Die Here het my ’n belangrike opdrag gegee en my God gee my die krag om dit te doen. Hy het gesê: Ek maak jou ’n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik. (Jes 49:5-6)
Gedagte vir die dag: Die lewe is moeilik
Dit sê Ek vir julle sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê, maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. (Joh 16:33)
Gedagte vir die dag: Twee uiterstes
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, wat is die mens dan dat U aan hom dink? U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon. (Ps 8:4-6)
Gedagte vir die dag: Jy het ’n toekoms!
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. (2 Kor 4:18)