Here, wat is ’n mens dat U hom sou wil ken, ’n mensekind dat U aan hom sou dink? (Psalm 144:3)
Alles vir die sleutelwoord "Nina Smit"
Gedagte vir die dag: God ondersteun jou
Die Here help almal op wat geval het. Hy ondersteun dié wat bedruk is. (Psalm 145:14)
Gedagte vir die dag: Ons gebroke wêreld
Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God. (Psalm 146:5)
Gedagte vir die dag: Volmaakte liefde
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle hart en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Filippense 4:6-7)
Gedagte vir die dag: Wees altyd dankbaar
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. (1 Tessalonisense 5:18)
Gedagte vir die dag: ’n Illustrasie van God se liefde
Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. (Johannes 13:34)
Gedagte vir die dag: Omgeeliefde
As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is. (Johannes 13:35)
Gedagte vir die dag: Swaarkry kan ’n wins wees
In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig. (2 Korintiërs 1:4)
Gedagte vir die dag: God se bewaring
Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. (Habakuk 3:19)
Gedagte vir die dag: Vertel die Here van jou probleme
Ek kwyn weg van kommer, skenk my krag soos U in u woord beloof het. (Psalm 119:28)
Gedagte vir die dag: God weet alles
Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. (Psalm 139:1-2)
Gedagte vir die dag: ’n Feeslewe
Dit gaan altyd sleg met ’n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is ’n fees. (Spreuke 15:15)
Gedagte vir die dag: God se bystand
U het my gebed verhoor! Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys. (Psalm 22:22-23)
Gedagte vir die dag: Egtheid van geloof
Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. (1 Petrus 1:6-7)
Gedagte vir die dag: Uitlewing van geloof
Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. (2 Petrus 1:10)
Gedagte vir die dag: Vermy die sondemodder
Besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik. (1 Korintiërs 6:19-20)
Gedagte vir die dag: Praat minder
Sit ’n wag voor my mond, Here, hou tog wag oor wat ek sê. (Psalm 141:3)
Gedagte vir die dag: God se wet
Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie, inteendeel; deur die wet leer ’n mens wat sonde is. (Romeine 3:20)
Gedagte vir die dag: Jesus kan jou troos
Hy het aan ons sy liefde bewys, en aan ons deur sy genade ’n blywende troos en goeie hoop gegee. (2 Tessalonisense 2:17)
Gedagte vir die dag: Hou aan glo
“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond. (Matteus 15:28)