O liewe Here, help my om met U oë na ons land en sy mense te kyk, om die nood om my raak te sien soos U dit sien. Maak U trane ook my trane!
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: Deurgrond my o God en ken my hart
O Here, ek het U met my hele hart lief. Maak U woning in my hart.
ToekomsVenster: Stukkende kerke
Help ons om ons liefdeloosheid en vooroordele eenkant toe te skuif; om mekaar in liefde te omhels.
ToekomsVenster: ʼn Stukkende wêreld
O Here, vergewe ons dat ons sulke swak bestuurders van die skepping is. Vergewe ons dat ons mors en die skepping opgebruik!
ToekomsVenster: Stukkende gesinne
O Here, ons bid vir die huisgesinne in ons land, vir die pa’s en die ma’s, die oupas en die oumas, al die kinders. Ons bid veral vir dié wat baie swaarkry, vir die duisende grootmense en kinders wat aan geweld blootgestel word. Maak ons stukkende gesinne weer heel!
ToekomsVenster: Gierigheid – die wortel van alle kwaad
O Here, ek is net so skuldig! Vergewe my en bevry my van hierdie verskriklike versoeking van gierigheid en afguns, van liefde vir geld. Bevry ons land van Mammon en sy houvas op ons gemeenskappe.
ToekomsVenster: Geweld en bloedvergieting
As ons glo dat Jesus die Vors van vrede is, moet ons in ons land ’n duidelike “Nee!” laat hoor teenoor geweld.
ToekomsVenster: Die politici krap alles deurmekaar
Vader, ons kom met gebede, smeking en danksegging voor U troon om vir ons politieke leiers en vir almal wat gesagsposisies beklee te bid, sodat ons in vrede mag leef en volkome toegewy kan wees aan U.
ToekomsVenster: As godsdienste bots
O Here ons God, U het ons geroep om sout en lig vir die wêreld te wees. Help ons om ook vir ons bure in die land wat nie glo soos ons glo nie, ʼn ligbaken te wees.
ToekomsVenster: As kulture en tale bots
Ek bid dat ons as Suid-Afrikaners respek vir ander kulture en waardes sal ontwikkel. Begin by my. Help my om mense deur U oë te sien.
ToekomsVenster: Die ou manier van dink
Vader God, U woord sê dat U my gedagtes ken nog voordat ek dit gedink het. Ek bely dat my gedagtes oor ander mense nie altyd eerbaar en opbouend is nie. Vergewe my. Vergewe my dat my gedagtes soms boos is en my optrede negatief beïnvloed. Ek bid dat U ook my gedagtes sal vernuwe.
ToekomsVenster: Die jeug is in opmars
Vader God, Ons roep na U vir ons jeug!
ToekomsVenster: Vervreemding
Maak ons oë oop om die nood van mense rondom ons raak te sien. Ontroer ons harte en vul ons met ontferming. Hier is ons! Gebruik ons!
ToekomsVenster: Die monster van rassisme
O, Vader van ons Here Jesus Christus, ons buig voor u troon van genade om U te vra om ons te help om die houvas van rassisme oor ons land te breek.
ToekomsVenster: Wantroue
Hemelse Vader, help ons om ons wantroue te oorkom, om ons medemense werklik te vertrou. En maak ons op ons beurt ook betroubaar!
ToekomsVenster: Onreg
Help my om die pyn in ander se lewens raak te sien. Help ons om regverdig te leef, soos U van ons verwag.
ToekomsVenster: Bang vir die waarheid?
Dankie vir U Heilige Gees, die Gees van Waarheid wat ons in alle waarheid moet lei. Vergewe my al die leuens en halwe waarhede in my lewe. Maak my vry!
ToekomsVenster: Om te kan luister
Help my om met oop ore na ander te luister.
ToekomsVenster: Om soos Christus ʼn brugbouer te wees
O Here, maak ook van my ʼn brugbouer; in my gesin, by die werk, sowel as in die breë samelewing, waar ek ook al kom.
ToekomsVenster: Soos ons vergewe…
Help my om die genade wat ek van U ontvang het uit te straal na ander.