Dit is nie maklik om ʼn nuwe motor te koop nie. Dit is duur en ʼn mens moet mooi nadink voordat jy besluit. Maar wat gebeur as jy mooi verduidelik wat jy wil hê en jy koop steeds ʼn kat in die sak?
Alles vir die sleutelwoord "verbruikers"
Alles wat jy koop het ʼn versweë waarborg
Verbruikers weet gewoonlik dat alles wat hulle koop, ʼn waarborg het, maar is nie heeltemal seker oor wat hierdie waarborg behels nie. As jy egter nie weet wat die bepalings van die Wet op Verbruikersbeskerming oor versweë waarborge is nie, kan jy nie daarop staatmaak dat dit nagekom sal word nie.
Koop veilig aanlyn
Tegnologie het baie dinge makliker gemaak vir verbruikers en die een waaroor baie van hulle bly is, is om aanlyn te koop. Suid-Afrikaanse verbruikers is egter nog nie so opgewonde soos die res van die wêreld nie, omdat hulle nie hou van die lang wagtyd vir aflewering nie.
Openbare ondersoek kom oor tyddeelpunte
Die Nasionale Verbruikerskommissie gaan binnekort ʼn openbare ondersoek van stapel stuur oor daardie ding wat Suid-Afrikaanse verbruikers laat wens hulle wou nooit met vakansie gaan nie: tyddeelpunte.
Kontrakte: Vermy dié slaggate
Verbruikers wil graag geld spaar in tye wat ʼn mens die rieme maar moet dun sny. Daarom klink ʼn aanbod om ʼn kontrak vir 24 maande te teken, wat sal verseker dat jou maandelikse betaling nie binne hierdie tydperk sal styg nie, na ʼn goeie idee. Maar sal goedkoop koop nie op die ou end duurkoop word nie?
Checkers-mini’s nou almal opgeraap
Checkers se Little Shop-bemarkingsveldtog het amptelik geëindig, aangesien alle voorraad oor die land opgeraap is.
Alles wat jy moet weet van vakansieklubs
Vakansieklubs, of tyddeel soos sommige mense dit noem, is veronderstel om verbruikers se kommer oor waar hulle volgende gaan vakansie hou te besweer, maar gee eerder aanleiding tot talle klagtes.
Kanselleer só jou vastetermynkontrak
Verbruikers word goed beskerm teen maatskappye wat vastetermynkontrakte met hulle wil sluit, maar baie verbruikers kla steeds dat hulle nie vastetermynkontrakte, soos dié vir selfoondienste, satellietopsporing vir hul motors en sekuriteitsdienste by hul huise kan kanselleer nie, selfs al het die kontrakte na 24 maande verval.
Raad vir motorklagtes
Ons almal ken iemand wat al ʼn bloutjie geloop het met iemand in die motorbedryf. Gelukkig kan verbruikers met klagtes oor enigiets wat met motors te doen het, kla by die ombudsman vir die motorbedryf (MIOSA).
Kersvader lewer nie babapoppe af nie
ʼn Hele klomp ouers moes op Kersdag mooi verduidelik waarom Kersvader nie die babapoppe gebring het waarvoor hul dogtertjies gevra het nie, nadat die poppe nie betyds deur Baltorina’s Peek-A-Boo Babies afgelewer is nie.
Video: Verbruikersakehof heropen
Die Gautengse Verbruikersakehof het ook onlangs heropen.
Video: “Daar’s groot probleme met die rand”
Verbruikers moet hulle staal, want 2014 het nié op ‘n goeie finansiële noot begin nie.