Tony Abbott, eerste minister van Australië, het Woensdag gesê die soekspan moet weer besin oor sy strategie, nadat geen wrakstukke nog van die vermiste vliegtuigwrak van Malaysia Airlines opgespoor is nie.
Alles vir die sleutelwoord "vliegtuig"
Video: Tiener oorleef vliegtuigrit Hawaii toe in wielruimte
Lugvaart- en gesondheidsowerhede in die VSA is dronkgeslaan oor hoe ‘n tiener wat van die huis weggeloop het, ‘n vlug van vyf en ‘n half uur van San José in Kalifornië tot in Hawaii in die wielkompartement van die vliegtuig kon oorleef.
Video: Oumas se eerste keer op vliegtuig
An Bernaards (71) en Ria van den Brand (78) van Nederland het onlangs vir die eerste keer gevlieg.
Jong vlieënier was ʼn ware “gentleman”
Marco Pfeil, die 21-jarige vlieënier van Bredasdorp in die Wes-Kaap wat Dinsdag in ʼn ligtevliegtuigongeluk gesterf het, sal as ʼn ware “gentleman” onthou word.
Seine ís van vermiste vliegtuig – Australiese premier
Australiese ondersoekers gaan van die standpunt uit dat die seine wat onder die see gevind is, wel van die vermiste Maleisiese vliegtuig van vlug MH370 afkomstig is.
Seine van vlugopnemer weer opgespoor
Toerusting op ʼn skip wat op soek is na die vermiste vliegtuigwrak van Malaysia Airlines, het weer die onderwatersein opgespoor wat soortgelyk is aan die vliegtuig se vlugopnemer.
Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos
Die hoof van polisie in Maleisië het gewaarsku dat die ondersoek oor Malaysia Airlines Vlug 370 moontlik baie lank kan duur en dalk nooit ʼn oorsaak vir die tragedie kan bepaal nie.
Gratis vliegkaartjies vir afgetrede LPs
Afgetrede LPs behoort tot 24 gratis vlugte per jaar te kry vir 10 jaar, luidens ʼn voorstel wat voor die parlement gelê is, het die Sunday Times berig.
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Voorwerpe wat Saterdag uit die Indiese Oseaan gehaal is, is glo nie deel van die vermiste vliegtuig van Malaysian Airlines Vlug 370 nie.
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Skepe vaar Saterdag na ʼn nuwe soekgebied om moontlik wrakstukke van ʼn vliegtuig van Malaysia Airlines, wat drie weke gelede verdwyn het, op te spoor.
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Die soektog na die wrak van Vlug 370 van Malaysia Airlines wat vermis geraak het, hervat Woensdag.
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Malaysia Airlines het Maandag gesê “hulle moet aanneem” dat die vermiste vlug MH370 in die Indiese Oseaan neergestort het maar het beloof dat die soektog na die vliegtuig sal voortgaan.
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Najib Razak, eerste minister van Maleisië, het Maandag aangekondig dat die vermiste vliegtuig in die Indiese Oseaan neergestort het en almal aan boord oorlede is.
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
‘n Noodvergadering is pas in Beijing byeengeroep vir die familielede van passasiers van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines se vlug MH370.
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Frankryk het Maleisië met satellietbeelde verskaf van voorwerpe wat moontlik wrakstukke van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines kan wees.
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Maleisië se minister van vervoer het Saterdag aangekondig dat China nuwe satellietbeelde het van een of meer voorwerpe in die Indiese Oseaan wat moontlik deel kan wees van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines.
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Die maritieme veiligheidsowerheid in Australië het Vrydag gesê hul radars het nie enige teken van wrakstukke van die vermiste vliegtuig van Malaysian Airlines opgespoor nie.
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië se ondersoek na die vermiste vlug MH370 het bevind dat een of meer mense met vliegondervinding die vliegtuig se kommunikasie-toestelle afgeskakel het en die vliegtuig doelbewus van koers af gestuur het.
Helikopterongeluk in Brittanje eis vier
Al vier insittendes van ‘n helikopter wat van Engeland na Noord-Ierland onderweg was, is dood toe dit in die graafskap Northfolk neergestort het.
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg
Beamptes van Maleisië het Donderdag berigte ontken wat beweer dat die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines vier ure lank aanhou vlieg het ná sy laaste kontak.