Stephanie Lotz, die dowe ondervoorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, sê haar onlangse bywoning van die US Woordfees het haar honger gelaat vir meer en die behoefte van die dowe en doofblinde-gemeenskappe om inklusief te wees weer na vore gebring.
Alles vir die sleutelwoord "Wes-Kaap"
Twee dood toe motor deur heining ploeg
Twee mense is Vrydag in die vroeë oggendure dood toe hul motor deur verskeie bome en ʼn heining van ʼn laerskool in Durbanville, Kaapstad geploeg het.
Vrou vas oor handgranaat, dwelms
ʼn Vrou van Kaapstad is Woensdagaand in hegtenis geneem nadat ʼn handgranaat, ammunisie en ʼn groot hoeveelheid dwelms in haar huis in Woodstock gevind is.
Nog ʼn Ikeys-student verkrag
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het bevestig dat nog ʼn student wreed aangeval en verkrag is.
Lambertsbaai-tragedie: ‘Hulle het passie gedeel’
“Hulle het besluit dat hulle moet doen wat hulle kan om by die kus uit te kom. David het ʼn lang en ernstige gebed gedoen en daarna het al vier die boot gelos.”
Man vas ná tref-en-trap
Die man, wat glo Dinsdag van die ongelukstoneel af gevlug het, het nog dieselfde klere aangehad as die dag van die ongeluk.
Tragedie toe boot omslaan
Vier vriende se visvanguitstappie het in ʼn nagmerrie ontaard toe hul boot in rowwe seetoestande omgeslaan het aan die kus by Muisbosskerm naby Lambertsbaai.
George het eerste sonkraglughawe in Afrika
George-lughawe in die Wes-Kaap, wat jaarliks meer as 600 000 passasiers na hul bestemmings vlieg, het amptelik een van die eerste sonkraglughawes in Afrika geword.
Jong man verdrink in see by Strand
ʼn Jong man van die Wes-Kaap het Donderdag in die see by die Strand verdrink.
Man deur rowers agtervolg, geskiet
Die 63-jarige man is glo deur drie rowers in ʼn wit Toyota Yaris gevolg nadat hy by ʼn bank uitgestap het.
Inskrywings vir die Silwerskermfees nou oop
Die Silwerskermfees wat vanjaar vir die sesde keer aangebied word, gee dié jaar weer vir aspirant-rolprentmakers en -draaiboekskrywers die kans om hul storie op die grootskerm te vertel.
Pa glo 8-jarige se dood ‘was nie ongeluk’
Die pa van die agtjarige dogtertjie van Kraaifontein in die Wes-Kaap, wat in September verlede jaar deur ʼn beweerde dronkbestuurder doodgery is, het Donderdag gesê hy is vas oortuig sy dogter se dood was nie werklik ʼn ongeluk nie.
Lugmagvliegtuig stort neer in Langebaan
ʼn Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse lugmag het Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas naby Langebaanweg neergestort.
‘Lewenslank’ vra pa ná moord op seun
Deon Louw het versoek dat die man wat sy 15-jarige seun onthoof het tot lewenslange tronkstraf gevonnis moet word.
Motoris skiet tienderjarige ‘grypdief’ dood
ʼn Vermeende grypdief is Maandag in Bishop Lavis naby Kaapstad doodgeskiet toe hy glo ʼn motor se venster by ʼn kruising gebreek het.
Vermiste kind se lyk in familiehuis gevind
ʼn 11-jarige meisie van die Paarl in die Wes-Kaap, wat sedert Sondag vermis is, se liggaam is Maandag onder ʼn bed in ʼn familielid se huis gevind.
Nagklub-moord: Man vas
Die polisie het ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op Carl Schoombie (27), wat dood is toe hy aangerand is kort nadat hy weg is by ʼn nagklub.
Zephany Nurse: Beskuldigde vertel hoe sy baba gekry het
Die vrou van Lavender Hill wat daarvan beskuldig word dat sy die drie dae oue Zephany Nurse byna twee dekades gelede uit ʼn hospitaal ontvoer het, het Maandag in trane in die hof getuig hoe die baba glo by haar beland het.
Ontvoerde baba gevind
Die babaseuntjie wat Donderdag uit die Worcester-hospitaal ontvoer is, is gevind.
Vier sterf in Kuilsrivier-ongeluk
Vier mense is vroeg Sondagoggend dood in ʼn ongeluk op die R300 in Kuilsrivier in die Wes-Kaap.