Die Suid-Afrikaans Lugdiens (SAL) het glo tot Maart om ʼn suksesvolle herstelplan tot winsgewendheid in werking te stel.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Desember 2014
Baba-olifant sterf in Zimbabwe
Een van ʼn groep baba-olifante wat in Hwange, Zimbabwe gevang is, om moontlik na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) uit te voer, is dood.
Slang pik man in Durban
Paramedici is Dinsdag na ʼn toneel in Craigieburn in Durban, KwaZulu-Natal ontbied met berigte dat ʼn swartmamba ʼn man gepik het.
Kragonderbrekings lei tot watertekort
Die Polokwane-munisipaliteit in Limpopo versoek inwoners om water spaarsamig te gebruik, aangesien Eskom se kragonderbrekings tot watertekorte in sommige gebiede gelei het.
Nasionale minimumloon nie ʼn oplossing nie, sê Agri SA
Agri SA het Dinsdag gesê ʼn nasionale minimumloon sal tot werksverliese lei.
KFC-afdankings was wettig
Die arbeidshof in Durban het bevind dat KFC volgens die wet opgetree het deur ʼn span werknemers af te dank nadat voorraad verdwyn het, het The star Dinsdag berig.
IS maak ook geld uit plundering van argeologiese skatte
Die onstuimigheid in Sirië en Irak word uitgebuit om die gebied wat ryk is aan argeologiese skatte, te plunder.
Ma, seun fnuik self rowers
Die vinnige optrede van ʼn ma en seun van Centurion, Gauteng het Dinsdag drie gewapende mans wat hulle wou beroof, se planne gefnuik.
Oscar Pistorius: ‘Wet is reg toegepas’
Die wet is korrek toegepas in die skuldigbevinding en vonnisoplegging van Oscar Pistorius, het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag gehoor.
Dewani terug na Brittanje
Die Britse sakeman Shrien Dewani keer Dinsdag terug na die Verenigde Koninkryk nadat hy Maandag vrygespreek is op aanklagte dat hy die moord op sy vrou beplan het, berig eNCA.
Pierre Korkie: ‘Ek is lief vir jou en die kinders’
Yolande Korkie het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie gesê sy en haar man het tydens hulle laaste oomblikke saam, mekaar omhels waarna hy gesê het: “Ek is lief vir jou en sê vir die kinders ek is lief vir hulle.”
Dié provinsie is die beste om in te bly
Solidariteit het Dinsdag met sy Leefbaarheidsmonitorverslag bekend gemaak watter provinsie se inwoners ʼn beter lewensgehalte as die res van die land geniet.
Ek IS trots Afrikaans, sê jongmense
Onbeskaamd en trots Afrikaans – dit is presies die boodskap van 100 jongmense wat aan die “Afrikaans – my TROTS!”-projek van Kraal Uitgewers deelgeneem het.
Resep: Hoendergevulde tamatiekoppies
‘n Heerlike middagete wat jy sonder elektrisiteit aanmekaar kan slaan (mits jy reeds ‘n gaar hoender het..!)
Só lyk beurtkrag-voorspelling vir die week
Eskom het gesê daar sal nie Dinsdag deur die dag beurtkrag toegepas word nie, maar dat daar ʼn moontlikheid vir die aand bestaan.
Woord: podsend
Die Afrikaanse Taalkommissie het “podsend” as die korrekte Afrikaanse vertaling aanvaar vir “podcast”. Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Man sterf ná seekoei-aanval
ʼn 34-jarige man is Sondag dood nadat ʼn seekoei hom by ʼn dam in Limpopo aangeval het terwyl hy visgevang het.
Hofbevel vir ontruiming van grootste protesbasis in Hongkong
Die grootste basis van die pro-demokrasiebetogers in Hongkong moet teen Donderdag ontruim word, nadat ‘n busmaatskappy ’n hofbevel daarvoor verkry het.
40 treffers- Rooies
Daantjie Dinamiet meen ‘n paar snitte op Rooies se “40 Treffers”-album herinner jou daaraan dat hy ware talent het en nie as sanger en liedjieskrywer onderskat kan word nie. Die versameling sal byval vind by enigiemand wat van die Weskus af kom.
Boeke: Lekker & Vinnig
Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks Lekker & Vinnig is net die antwoord … Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte.