ʼn Video van ʼn kat wat die geleentheid aangegryp het om beroemd te raak op die internet, is binne ʼn week reeds byna 6 miljoen keer gekyk.
Lees meerAlles vir Vrydag 10 Julie 2015
AfriForum veg vir Volksrust se naam
AfriForum het ’n nasionale veldtog, Keer dat Volksrust waai, van stapel gestuur ter behoud van dié dorp se naam.
Hartbeespoort-verdagte weer aangekeer
Een van vyf verdagtes wat uit polisie-aanhouding in Hartbeespoort in Noordwes ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
‘Verkragter’ hou slagoffer glo gyselaar
ʼn 22-jarige man is in hegtenis geneem nadat die 18-jarige vrou wat hy gyselaar gehou en verkrag het, kon ontsnap.
Akteur Omar Sharif sterf
Die bekende akteur, Omar Sharif, is Vrydag in Kaïro in die ouderdom van 83 oorlede.
ToekomsVenster: Bewaar jou denke
Maak jou gedagtes vol van God se Woord!
450 kg-man op asemhalingsmasjien ná terugslag
Corrie le Grange (60), die man van Johannesburg wat 450 kg weeg, is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel nadat hy Donderdag ʼn ernstige terugslag gehad het.
Baba Nico: ‘Die einde is in sig’
Ná maande lange se gewag en talle hofverskynings is ʼn verhoordatum uiteindelik in sig vir ʼn ouerpaar van Welkom in die Vrystaat wie se voormalige huiswerker glo hul babaseuntjie, bekend as baba Nico, aangerand het.
Ma sterf ná vakansie in geboorteland
ʼn Kaapse gesin se vakansie in Namibië, hul ma se geboorteland, het tot ʼn tragiese einde gekom toe hulle op pad terug in ʼn motorongeluk was.
Kgwadi gekap oor ‘persoonlike vetes’ en ‘afbreek van fondamente’
“Sedert sy benoeming as visekanselier het prof [Dan] Kgwadi hom uitdruklik daarop toegespits om die fondamente waarop die sukses van die NWU sedert 2005 gebou is, af te breek.”
Brief aan NWU-raadsvoorsitter
“Sedert sy benoeming as visekanselier het prof Kgwadi hom uitdruklik daarop toegespits om die fondamente waarop die sukses van die NWU sedert 2005 gebou is, af te breek deur goed-funksionerende strukture, verhoudinge en werkswyses met onbeproefde meganismes te vervang.”
Woord: manewales
Taaltoffie ondersoek die woord “manewales”, wat gebruik word as sinoniem vir “kaskenades”, “kaperjolle”
Balletsterre bring skitter en glans na die Roodepoort-teater
ʼn Indrukwekkende versameling van Suid-Afrika se beste balletsterre gaan by die Roodepoort-teater optree op 10 en 11 Julie 2015 wanneer die Joburg Balletgeselskap hul ballethoogtepunte gala na dié teater toe bring vir drie optredes.
Oudpolisieman by lughawe vas oor onwettige vuurwapens
ʼn Voormalige polisiebeampte en nog ʼn verdagte is by die King Shaka-lughawe in Durban in hegtenis geneem nadat ‘n vuurwapen glo op iemand gerig is.
Motorfietsryer-moord: Verdagte kry borgtog
Die motorfietsryer Paul Carr (42) wat daarvan verdink word dat hy glo ʼn ander motorfietsryer, Justin de Freitas (32), Saterdag in die vroeë oggendure buite ʼn kroeg by ʼn oord naby Polokwane in Limpopo met ʼn mes doodgesteek het, is Donderdag op borgtog vrygelaat.
Redakteursbrief: Jou klein oorwinnings is werd om gevier te word
Vier die klein oorwinnings in jou lewe – dis die moeite werd, skryf Susan Lombaard.
Boer kom op goeie vriend se lyk in plaashuis af
ʼn Boer van Laingsburg is Sondagaand deur sy beste vriend dood in sy kombuis aangetref nadat hy vermoedelik met ʼn stomp voorwerp geslaan is.
Kompetisie: Wen R1 000 met nuusbrief 100
Hierdie kompetisie is gesluit. Op Vrydag 10 Julie 2015 vier ons die 100ste uitgawe van Maroela Media se weeklikse nuusbrief! Deel jou goeie nuus in 100 woorde en staan ‘n kans om R1 000 te wen!
Video: Radio Raps gewild op sosiale media
Jonathan en die span van Radio Raps het plaaslike rekords vir teenwoordigheid op sosiale media bykans oornag oortref nadat sommige van hul video’s al tot vier miljoen keer gekyk is.
Ma kry glo verkeerde baba om te begrawe
Die departement van gesondheid in Gauteng het vier werknemers geskors te midde van ʼn ondersoek na ʼn voorval waar die verkeerde babalykie glo aan ʼn ma oorhandig is.