Planne word beraam om ʼn 120 000-hektaar sentraalplatorand-wildreservaat op te rig. Dié reservaat sal Suid-Afrika se vierde grootste reservaat wees.
Lees meerAlles vir Maandag 14 Oktober 2013
Video: Vrou klou vir haar lewe aan ‘n brug ná kanker-staptog
ʼn Vrou van Florida in Amerika moes Saterdag 20 minute lank vir haar lewe klou nadat sy op ʼn spoorweg-valbrug beland het nadat die brug oor New-rivier in Fort Lauderdale oopgemaak het.
Eiffel-toring ontruim ná bomdreigement
Die Eiffel-toring is Sondag ontruim ná ʼn telefoniese bomdreigement
Madeleine McCann: Foto’s van gesoekte man vrygestel
Die Britse polisie het Maandag ʼn beskrywing en elektroniese foto’s vrygestel van ʼn man na wie hulle op soek is in verband met die verdwyning van Madeleine McCann.
Video: Flippie Engelbrecht-sage verdiep
Wilhelm Treurnicht, ‘n plaasbestuurder van Ashton, het Maandag weer in die Worcester-streekshof verskyn in verband met aanklagte van aanranding op Flippie Engelbrecht in Januarie 2008.
Politieke party in sop oor hoë polvye
‘n Vlaamse regter het ‘n stokkie gesteek voor ‘n plakkaat waarin die leier van ‘n politieke party in hoë polvye en ‘n kort rokkie haar boodskap tuis bring.
Polisiebakkie wat mense vervoer was glo vir welsynswerk
ʼn Foto van ‘n amptelike polisiebakkie, waarin dit blyk of die voertuig gebruik word om lede van die publiek te vervoer, maak opspraak op sosiale media nadat die foto op 10 Oktober op Facebook gepubliseer is.
Mislukte kontrak kos belastingbetalers R300 miljoen
ʼn Kontrak van die departement van verdediging wat gekanselleer is, het die belastingbetaler sowat R300 miljoen uit die sak gejaag ná ‘n beslissing van die internasionale kamer van koophandel se arbitrasiehof, het Business Day Maandag berig.
Video: Olimpiese Spele vir honde
Die wêreldkampioenskap vir honde-ratsheid is die naweek vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied.
Foto: Middelburg-ontploffing: Talle beseer, twee dalk dood
Altesaam 35 mense het ernstige brandwonde opgedoen ná ʼn ontploffing by ‘n parfuumfabriek in Middelburg, in die Oos-Kaap.
Marikana-bloedbad: Staatsbefondsing vir families en slagoffers
Die hooggeregshof in Johannesburg het Maandag bevind dat die mynwerkers wat verlede jaar se skietery by Lonmin se Marikana-myn oorleef het en die families van diegene wat dood is, befondsing van die staat moet ontvang om te betaal vir hul regsverteenwoordigers vir die Farlam-kommissie van Ondersoek.
Arnoster en die prokureurtjie
‘Arnoster en die Prokureurtjie’ met sy kostelike anekdotes is ‘n opvolgboek van regter Van Dijkhorst se suksesvolle ‘Die Hof Verdaag’.
Maroela Media Top 20 14 Oktober 2013
Dans in die reën- Touch of Class Rede om te glo- Elvis Blue Dis lekker by die see- Amoré Die gras is altyd groener- Dogters…
‘Sataniese ritueel’: Regter siek, saak uitgestel
Die moordverhoor van vier mense wat by die dood van Kirsty Theologo (18) betrek word, is Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof uitgestel omdat regter Geraldine Borchers siek is.
Foto: Kaapstad-ongeluk eis vier
Vier mans is Maandagoggend dood en een ernstig beseer tydens ʼn botsing op die N2-snelweg in Kaapstad.
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Brendan Harrison, wat daarvan beskuldig word dat hy betrokke was in ‘n komplot om die omstrede Tsjeggiese sakeman, Radovan Krejcir, te vermoor, het Maandag weer vlugtig in die Germiston-landdroshof verskyn.
Resep: Een-bak-aandgereg
Eenvoudige en baie maklike gereg vir ‘n smaaklike aandete.
Waar kom die woord “insek” vandaan?
Waarom sou ‘n mens ‘n vrou in ‘n bikini met die woord “insek” kon vergelyk? Leer meer in dié Taaltoffie.
15 rowers skiet glo 2 polisiemanne
Twee polisiebeamptes van KwaZulu-Natal se Midlands-gebied is Sondag geskiet en gewond nadat ʼn groep van 15 vermeende rowers op hulle losgebrand het nadat die beamptes op ʼn winkelroof reageer het.
“Minderhede sal hulle nie van stryk laat bring deur Malema-uitsprake”
Volgens AfriForum het minderhede in die geskiedenis al baie groter uitdagings as Malema met groot sukses getrotseer.