Die polisie in China het reageer nadat hulle berigte ontvang het oor gillery uit ‘n huis in Maine. Hulle was bekommerd dat daar dalk erge huishoudelike geweld plaasvind.
Lees meerAlles vir Dinsdag 4 Februarie 2014
Meer as 50 Bronkhorstspruit-betogers in hegtenis geneem
Meer as 50 mense is Dinsdag in hegtenis geneem nadat ‘n biblioteek en ‘n huis deur betogers in Bronkhorstspruit aan die brand gesteek is.
Reuse-mynmasjien vir R173 miljoen verkoop
‘n Mynmasjien, genaamd ‘n sleepskrop, is vir R173 miljoen verkoop, het ‘n afslaer Dinsdag gesê.
Vrou dankbaar die “monster” is nou in die tronk
‘n Man van Mpumalanga is Dinsdag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ‘n 81-jarige vrou verkrag en verwurg het.
Mangaung-komplot: Hof hoor oor wapens
Die groep verregses wat glo ‘n aanval op die ANC se Mangaung-konferensie in 2012 beplan het, wou wapens aankoop totdat hulle in hegtenis geneem is, het die Bloemfonteinse hooggeregshof Dinsdag gehoor.
Die lesse en gevolge van die DAgang-fiasko
Wat leer die DAgang-debakel ons van die Suid-Afrikaanse politiek? Eugene Brink, redakteur van die Groot Debat, neem dit puntsgewys onder die loep.
Foto: Ministers spot met Ramphele/Zille-soen
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, en Lindiwe Sisulu, minister van die staatsdiens en administrasie, het Dinsdag tydens die kabinet se bosberaad in Pretoria gesoen om die draak te steek met die DA en AgangSA se mislukte samesmelting.
Video: Snuffelhond kan diabetes uitruik
Suid-Afrika het sy eerste snuffelhond gekry wat diabetes kan uitruik. Sy het verlede week in die land aangekom ná haar opleiding in die VSA.
Eksklusiewe onderhoud met dr. Mamphela Ramphele: “Samewerking, nie samesmelting”
Dr. Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, het Dinsdag in ʼn eksklusiewe onderhoud met Maroela Media gesê die aanvanklike ooreenkoms met die Demokratiese Alliansie was nie samesmelting nie, maar samewerking en dat dié misverstand tot die vertrouensbreuk gelei het.
Video: Nooddienste het hande vol met PTA-vloede
Die Tshwane-nooddienste moes verskeie motoriste te hulp snel wat Maandag probeer het om oorstroomde laagwaterbrûe oor te steek. Centurion is veral swaar getref en geboue is selfs ontruim
Konyne “ontpop” as argeoloë en kry “goudmyn”
‘n Kolonie konyne het met hul tonnelgrawery ‘n “goudmyn” van argeologiese skatte ontdek wat so ver as agtduisend jaar gelede in die laat Steentydperk terugdateer.
Pierre Korkie: Ontvoerders swyg; spertyd kruip nader
Daar is tans geen kommunikasie met die Al Kaïda-militante wat die Bloemfonteinse onderwyser, Pierre Korkie, in Jemen gyselaar hou nie – slegs vier dae voor die losprys vir sy vrylating betaal moet word.
Bronkhorstspruit-onluste: Biblioteek en huis ook afgebrand
ʼn Biblioteek van die Tshwane-metro en ʼn huis is Dinsdag in die vroeë oggendure afgebrand deur ontstoke inwoners van die Zithobeni- informele nedersetting buite Bronkhorstspruit, oos van Pretoria.
Man voor gesin by braai doodgeskiet; twee “rowers” sterf ook
Inwoners van die Malelane- en Hectorspruit-omgewing is geskok nadat twee gewelddadige aanvalle oor die naweek daar plaasgevind het. In die eerste voorval is ʼn man in sy kombuis geskiet, en in die tweede voorval is ʼn ander man in hul lapa doodgeskiet terwyl hy en sy gesin gebraai het.
Video: “Ons is al ‘n week sonder krag”
Inwoners van die Zithobeni informele nedersetting, oos van Pretoria, is woedend omdat hulle nie elektrisiteit het nie.
Man sterf ná hy van bakkie geslinger word
ʼn Man in sy 50s is dood nadat hy Maandagaand van die agterkant van ʼn bakkie, wat nie ʼn kappie op gehad het nie, geslinger is.
Arbeidsmarkindeks, eerste van sy soort, word bekendgestel
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag sy eerste kwartaallikse Arbeidsmarkrapport vir 2014 bekendgemaak, insluitende die eerste uitgawe van die nuwe Solidariteit-ETM Arbeidsmarkindeks (AMI)
Yanks se voertuie gaan met mekaar “praat” om ongelukke te voorkom
Motors en ligte vragvoertuie in die VSA gaan in die toekoms met mekaar “praat” en mekaar so oor dreigende botsings waarsku, as die Amerikaanse minister van Vervoer, Anthony Foxx sy sin kry.
“Mense sal teen die polisie in opstand kom” – Malema
Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het gesê mense sal teen die polisie in opstand kom as die polisie aanhou om op hulle te skiet, het The Star Dinsdag berig.
“Hoop vir Mpumalanga se natuurlike erfenis” – AfriForum
AfriForum sê daar is hoop vir Mpumalanga se natuurlike erfenis, nadat die provinsie se LUR vir ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, meer as 73 000 hektaar grond tot “bewaarde omgewings” verklaar het.